Pular para o conteúdo
Publicidade

Ascensão

Por Bíblia Online

Depois de vencer a morte na cruz, Jesus cumpriu sua missão na terra e retornou ao lugar de onde veio. Esse momento marca o fim de seu ministério visível entre os discípulos e o início de um novo tempo para quem crê. Ele não desapareceu no vazio, mas voltou para junto do Pai, reassumindo toda a sua glória.

Para quem fica, essa partida traz esperança e responsabilidade. Saber que Cristo reina acima de tudo nos dá firmeza para caminhar no dia a dia, mesmo diante das lutas. As palavras das Escrituras mostram que a história não terminou naquele monte e lembram que ele mesmo prometeu voltar para buscar o seu povo.

A ascensão de Jesus ao céu é a coroação de sua obra redentora. Ele subiu à destra do Pai, de onde voltará com poder e glória para buscar os seus.

En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,

wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.

Die hemelvaart.

EN Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.

En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.

In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader.

Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

Toe sê Jesus vir hulle: Nog 'n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.

En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.

Seja o primeiro

Este artigo te tocou? Faça uma oração!

+581 estão orando agora.

Junte-se à corrente de oração.