Publicidade

Proximidade

Por Bíblia Online

Deus é próximo dos que o buscam. Ele não é um Deus distante, mas presente, íntimo e acessível a todo o que o invoca com sinceridade de coração.

Buscar a presença de Deus

A Bíblia nos exorta a buscar a face do Senhor continuamente. Quem se aproxima dele encontra plenitude de alegria e delícias perpétuas.

Vra na die Here en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

Vra na die Here en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.

Een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here, om die lieflikheid van die Here te aanskou en te ondersoek in sy tempel.

o God, ons skild, kyk en aanskou die aangesig van u gesalfde.

U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

Deus está perto

O Senhor está perto dos que o invocam, dos quebrantados de coração e dos que clamam por socorro. Sua presença nos sustenta.

Pe. Die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.

Sade. Hulle roep, en die Here hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.

Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

A presença que nunca abandona

Deus promete nunca nos deixar. Ele permanece fiel, está conosco em todo tempo e envia o Espírito para habitar em nossos corações.

Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

Mag die Here onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie

Maar in u grote barmhartigheid het U hulle nie volkome vernietig en hulle nie verlaat nie, want U is 'n genadige en barmhartige God.

En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!

Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.

En hy was daar by die Here veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.

En maak die siekes gesond wat daarin is, en vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.

Asa skaf die afgodery af.

TOE het die Gees van God op Asárja, die seun van Oded, gekom;

en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

En daar was baie dae dat Israel sonder die ware God was en sonder 'n lerende priester en sonder wet.

Maar as hulle in die nood hul tot die Here, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.

En in dié tye was daar geen vrede vir wie uit- of ingegaan het nie, maar groot beroering oor al die inwoners van die lande;

en nasie het teen nasie en stad teen stad gebots, omdat God hulle deur allerhande nood in verwarring gebring het.

Wees julle dan sterk, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werk.

En toe Asa hierdie woorde en die profesie hoor wat Asárja, die seun van Oded, gespreek het, het hy moed geskep en die verfoeisels verwyder uit die hele land Juda en Benjamin en uit die stede wat hy op die gebergte van Efraim ingeneem het; en die altaar van die Here wat voor die voorportaal van die Here was, het hy herstel.

Daarop vergader hy die hele Juda en Benjamin, ook die vreemdelinge wat uit Efraim en Manasse en uit Símeon by hulle was; want uit Israel het hulle in menigte na hom oorgeloop toe hulle sien dat die Here sy God met hom was.

En hulle het in Jerusalem byeengekom, in die derde maand van die vyftiende jaar van die regering van Asa,

en dieselfde dag aan die Here geoffer van die buit wat hulle ingebring het, sewehonderd beeste en seweduisend stuks kleinvee.

En hulle het die verbond aangegaan om die Here, die God van hulle vaders, met hul hele hart en met hul hele siel te soek.

En elkeen wat die Here, die God van Israel, nie soek nie, sou gedood word, klein en groot, manne sowel as vroue.

En hulle het vir die Here gesweer met 'n groot stem en met gejuig en met trompette en basuine.

En die hele Juda was verheug oor die eed, want hulle het met hul hele hart gesweer en met hul hele wil Hom gesoek; en Hy het Hom deur hulle laat vind, en die Here het hulle rus verskaf rondom.

Ja, selfs het hy Máäga, die moeder van koning Asa, afgesit as gebiedster, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asjéra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en stukkend gestamp en in die dal Kidron verbrand.

Die hoogtes is wel nie uit Israel verwyder nie, maar Asa se hart was volkome al sy dae.

En hy het die heilige gawes van sy vader en sy eie heilige gawes in die huis van God ingebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe.

En daar was geen oorlog tot in die vyf-en-dertigste jaar van die regering van Asa nie.

Seja o primeiro
Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-29_22-07-56-