1 En El¡a, die Tisbiet, uit Tisbe in G¡lead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!

2 Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê:

3 Gaan hiervandaan weg en draai jou na die ooste toe en steek jou weg by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is;

4 en jy moet uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou.

5 En hy het gegaan en gehandel volgens die woord van die HERE: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is.

6 En die kraaie het vir hom smôre ns brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink.

7 Maar n verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.

8 Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê:

9 Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan 'n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.

10 Daarop het hy hom gereedgemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was 'n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my 'n bietjie water in die kan, dat ek kan drink.

11 Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my 'n stukkie brood saam.

12 Maar sy antwoord: So waar as die HERE u God leef, ek het nie 'n broodkoek nie, net maar 'n handvol meel in die pot en 'n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou 'n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.

13 En El¡a sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my 'n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jou en jou seun iets klaarmaak.

14 Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde sal gee.

15 En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van El¡a; en sy het geëet -- sy en hy en haar gesin dae lank:

16 die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van El¡a gespreek het.

17 N hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie.

18 Toe sê sy vir El¡a: Wat het ek met u te doen, man van God! U het na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak!

19 Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot af geneem en hom opgedra na die bo-kamer waar hy self gewoon het, en hom op sy bed neergelê;

20 en hy het die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, 'n onheil gebring deur haar seun te laat sterwe?

21 Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer.

22 En die HERE het El¡a verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.

23 Daarop neem El¡a die kind en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en El¡a sê: Kyk, jou seun lewe!

24 En die vrou sê vir El¡a: Nou weet ek dit dat u 'n man van God is en dat die woord van die HERE in u mond waarheid is.

1 א ויאמר אליהו התשבי מתשבי גלעד אל אחאב חי יהוה אלהי ישראל אשר עמדתי לפניו אם יהיה השנים האלה טל ומטר--כי אם לפי דברי  {ס}

2 ב ויהי דבר יהוה אליו לאמר

3 ג לך מזה ופנית לך קדמה ונסתרת בנחל כרית אשר על פני הירדן

4 ד והיה מהנחל תשתה ואת הערבים צויתי לכלכלך שם

5 ה וילך ויעש כדבר יהוה וילך וישב בנחל כרית אשר על פני הירדן

6 ו והערבים מבאים לו לחם ובשר בבקר ולחם ובשר בערב ומן הנחל ישתה

7 ז ויהי מקץ ימים וייבש הנחל  כי לא היה גשם בארץ  {ס}

8 ח ויהי דבר יהוה אליו לאמר

9 ט קום לך צרפתה אשר לצידון וישבת שם הנה צויתי שם אשה אלמנה לכלכלך

10 י ויקם וילך צרפתה ויבא אל פתח העיר והנה שם אשה אלמנה מקששת עצים ויקרא אליה ויאמר קחי נא לי מעט מים בכלי ואשתה

11 יא ותלך לקחת ויקרא אליה ויאמר לקחי נא לי פת לחם בידך

12 יב ותאמר חי יהוה אלהיך אם יש לי מעוג כי אם מלא כף קמח בכד ומעט שמן בצפחת והנני מקששת שנים עצים ובאתי ועשיתיהו לי ולבני ואכלנהו ומתנו

13 יג ויאמר אליה אליהו אל תיראי באי עשי כדברך אך עשי לי משם עגה קטנה בראשנה והוצאת לי ולך ולבנך תעשי באחרנה

14 יד כי כה אמר יהוה אלהי ישראל כד הקמח לא תכלה וצפחת השמן לא תחסר  עד יום תתן (תת) יהוה גשם--על פני האדמה

15 טו ותלך ותעשה כדבר אליהו ותאכל הוא והיא (היא והוא) וביתה ימים

16 טז כד הקמח לא כלתה וצפחת השמן לא חסר--כדבר יהוה אשר דבר ביד אליהו  {פ}

17 יז ויהי אחר הדברים האלה חלה בן האשה בעלת הבית ויהי חליו חזק מאד עד אשר לא נותרה בו נשמה

18 יח ותאמר אל אליהו מה לי ולך איש האלהים  באת אלי להזכיר את עוני ולהמית את בני

19 יט ויאמר אליה תני לי את בנך ויקחהו מחיקה ויעלהו אל העליה אשר הוא ישב שם וישכבהו על מטתו

20 כ ויקרא אל יהוה ויאמר  יהוה אלהי--הגם על האלמנה אשר אני מתגורר עמה הרעות להמית את בנה

21 כא ויתמדד על הילד שלש פעמים ויקרא אל יהוה ויאמר  יהוה אלהי תשב נא נפש הילד הזה על קרבו

22 כב וישמע יהוה בקול אליהו ותשב נפש הילד על קרבו ויחי

23 כג ויקח אליהו את הילד וירדהו מן העליה הביתה ויתנהו לאמו ויאמר אליהו ראי חי בנך

24 כד ותאמר האשה אל אליהו עתה זה ידעתי כי איש אלהים אתה ודבר יהוה בפיך אמת  {פ}