1 En net toe Salomo sy gebed voleindig het, het die vuur uit die hemel neergedaal en die brandoffer en die slagoffers verteer, en die heerlikheid van die HERE het die huis vervul;

2 en die priesters kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.

3 En toe al die kinders van Israel sien hoe die vuur en die heerlikheid van die HERE op die huis neerdaal, het hulle gekniel met die aangesig na die aarde toe, op die plaveisel, en aanbid en die HERE geprys dat Hy goed is, dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is.

4 En die koning en die hele volk was besig om slagoffers voor die aangesig van die HERE te slag.

5 Koning Salomo het naamlik die slagoffer van twee en twintig duisend beeste en honderd en twintig duisend stuks kleinvee geslag; en die koning en die hele volk het die huis van God ingewy,

6 terwyl die priesters op hulle poste gestaan het, ook die Leviete met die musiekinstrumente van die HERE, wat koning Dawid gemaak het, om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is, met die loflied van Dawid wat deur hulle voorgedra is. Intussen het die priesters teenoor hulle op die trompette geblaas, en die hele Israel het gestaan.

7 En Salomo het die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van die HERE was; want daar het hy die brandoffers en die vetstukke van die dankoffers berei, omdat die koperaltaar wat Salomo gemaak het, die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke nie kon bevat nie.

8 So het Salomo dan in die tyd die fees gehou, sewe dae lank, en die hele Israel saam met hom, 'n baie groot vergadering, van die ingang na Hamat tot by die spruit van Egipte.

9 En op die agtste dag het hulle 'n feestyd gehou, want die inwyding van die altaar het hulle sewe dae lank gevier en die fees sewe dae lank.

10 En op die drie en twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hul tente laat gaan, verheug en vrolik van hart oor die goeie dinge wat die HERE aan Dawid en aan Salomo en aan sy volk Israel gedoen het.

11 En toe Salomo die huis van die HERE en die huis van die koning voltooi het, en alles wat in Salomo se hart gekom het om in die huis van die HERE en in sy huis te maak, voorspoedig uitgevoer het,

12 verskyn die HERE in die nag aan Salomo en sê vir hom: Ek het jou gebed gehoor en hierdie plek vir My as 'n offerhuis verkies.

13 As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,

14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal k uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

15 Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.

16 So het Ek dan nou hierdie huis verkies en geheilig, dat my Naam daar kan wees tot in ewigheid, en my oë en my hart sal altyd daar wees.

17 En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, deur naamlik te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en my verordeninge onderhou,

18 dan sal Ek die troon van jou koningskap bevestig, soos Ek dit jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit 'n man ontbreek wat in Israel sal heers nie.

19 Maar as julle afkerig word en my insettinge en my gebooie wat Ek julle voorgehou het, verlaat en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig,

20 dan sal Ek hulle uitruk uit my land wat Ek aan hulle gegee het, en hierdie huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp en daarvan 'n spreekwoord en 'n spotlied maak onder al die volke.

21 En hierdie huis wat so hoog was -- elkeen wat daarlangs verbygaan, sal verstom staan en vra: Waarom het die HERE so gedoen met hierdie land en met hierdie huis?

22 Dan sal hulle sê: Omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en ander gode aangehang en voor hulle neergebuig en hulle gedien het, daarom het Hy al hierdie onheil oor hulle gebring.

23 Daarna het hy by sy vrou ingegaan, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en hy het hom Ber¡a genoem, omdat dit tydens 'n onheil in sy huis gebeur het.

24 En sy dogter was S,ëra; en sy het Bet-Horon-Onder en --Bo gebou, en Ussen-S,ëra.

25 En sy seun was Refag, en Resef, en sy seun Telag, en sy seun Tahan;

26 sy seun L edan; sy seun Ammihud; sy seun Elis ma;

27 sy seun was Nun, sy seun Josua.

28 En hulle besitting en hulle woonplekke was Bet-el met sy onderhorige plekke; en teen die ooste N äran, en teen die weste Geser met sy onderhorige plekke; en Sigem met sy onderhorige plekke tot by Ajja met sy onderhorige plekke.

29 En onder die bestuur van die seuns van Manasse was Bet-S,an met sy onderhorige plekke, T änag met sy onderhorige plekke, Meg¡ddo met sy onderhorige plekke, Dor met sy onderhorige plekke. Hierin het die seuns van Josef, die seun van Israel, gewoon.

30 Die seuns van Aser was: Jimma en Jiswa en Jiswi en Ber¡a en Serag, hulle suster.

31 En die seuns van Ber¡a was Heber en M lkiël; hy was die vader van Birs jit.

32 En Heber was die vader van Jaflet, en van Somer en Hotam en Sua, hulle suster.

33 En die seuns van Jaflet was: Pasag en Bimhal en Aswat; dit was die seuns van Jaflet.

34 En die seuns van Semer was: Ahi en Rohega, Jehubba en Aram.

35 En die seuns van sy broer Helem was: Sofag en Jimna en Seles en Amal.

36 Die seuns van Sofag was: Suag en Harn,fer en Sual en Beri en Jimra,

37 Beser en Hod en Samma en Silsa en Jitran en Beëra.

38 En die seuns van Jeter was: Jefunne en Pispa en Ara.

39 En die seuns van Ulla was: Arag en H nniël en Risja.

40 Hulle almal was seuns van Aser, hoofde van families, uitgesoekte dapper helde, hoofde van die vorste; en hulle geslagsregister het betrekking gehad op diens in die oorlog; hulle aantal was ses en twintig duisend man.

1 א וככלות שלמה להתפלל והאש ירדה מהשמים ותאכל העלה והזבחים וכבוד יהוה מלא את הבית

2 ב ולא יכלו הכהנים לבוא אל בית יהוה  כי מלא כבוד יהוה את בית יהוה

3 ג וכל בני ישראל ראים ברדת האש וכבוד יהוה על הבית ויכרעו אפים ארצה על הרצפה וישתחוו והדות ליהוה כי טוב כי לעולם חסדו

4 ד והמלך וכל העם זבחים זבח לפני יהוה  {ס}

5 ה ויזבח המלך שלמה את זבח הבקר עשרים ושנים אלף וצאן מאה ועשרים אלף ויחנכו את בית האלהים המלך וכל העם

6 ו והכהנים על משמרותם עמדים והלוים בכלי שיר יהוה אשר עשה דויד המלך להדות ליהוה כי לעולם חסדו בהלל דויד בידם והכהנים מחצצרים (מחצרים) נגדם וכל ישראל עמדים  {ס}

7 ז ויקדש שלמה את תוך החצר אשר לפני בית יהוה כי עשה שם העלות ואת חלבי השלמים  כי מזבח הנחשת אשר עשה שלמה לא יכול להכיל את העלה ואת המנחה ואת החלבים

8 ח ויעש שלמה את החג בעת ההיא שבעת ימים וכל ישראל עמו--קהל גדול מאד  מלבוא חמת עד נחל מצרים

9 ט ויעשו ביום השמיני עצרת  כי חנכת המזבח עשו שבעת ימים והחג שבעת ימים

10 י וביום עשרים ושלשה לחדש השביעי שלח את העם לאהליהם--שמחים וטובי לב על הטובה אשר עשה יהוה לדויד ולשלמה ולישראל עמו

11 יא ויכל שלמה את בית יהוה ואת בית המלך ואת כל הבא על לב שלמה לעשות בבית יהוה ובביתו--הצליח  {פ} br

12 יב וירא יהוה אל שלמה בלילה ויאמר לו שמעתי את תפלתך ובחרתי במקום הזה לי לבית זבח

13 יג הן אעצר השמים ולא יהיה מטר והן אצוה על חגב לאכול הארץ ואם אשלח דבר בעמי

14 יד ויכנעו עמי אשר נקרא שמי עליהם ויתפללו ויבקשו פני וישבו מדרכיהם הרעים--ואני אשמע מן השמים ואסלח לחטאתם וארפא את ארצם

15 טו עתה עיני יהיו פתחות ואזני קשבות--לתפלת המקום הזה

16 טז ועתה בחרתי והקדשתי את הבית הזה להיות שמי שם עד עולם והיו עיני ולבי שם כל הימים

17 יז ואתה אם תלך לפני כאשר הלך דויד אביך ולעשות ככל אשר צויתיך וחקי ומשפטי תשמור

18 יח והקימותי את כסא מלכותך  כאשר כרתי לדויד אביך לאמר לא יכרת לך איש מושל בישראל

19 יט ואם תשובון אתם--ועזבתם חקותי ומצותי אשר נתתי לפניכם והלכתם ועבדתם אלהים אחרים והשתחויתם להם

20 כ ונתשתים מעל אדמתי אשר נתתי להם ואת הבית הזה אשר הקדשתי לשמי אשליך מעל פני ואתננו למשל ולשנינה בכל העמים

21 כא והבית הזה אשר היה עליון לכל עבר עליו ישם ואמר במה עשה יהוה ככה לארץ הזאת ולבית הזה

22 כב ואמרו על אשר עזבו את יהוה אלהי אבתיהם אשר הוציאם מארץ מצרים ויחזיקו באלהים אחרים וישתחוו להם ויעבדום על כן הביא עליהם את כל הרעה הזאת  {פ} br