1 As 'n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou 'n teken of wonder aankondig,

2 en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop -- wat jy nie geken het nie -- en hulle dien,

3 dan moet jy nie luister na die woorde van die profeet of na die man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.

4 Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.

5 Maar die profeet of die man wat as dromer optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die weg wat die HERE jou God jou beveel het om daarop te wandel. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

6 As jou broer, die seun van jou moeder, of jou seun of dogter of die vrou wat jy liefhet, of jou vriend wat soos jou eie siel is, jou in die geheim verlok en sê: Laat ons gaan en ander gode dien -- wat jy en jou vaders nie geken het nie,

7 uit die gode van die volke wat rondom julle is, naby jou of ver van jou af; van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde --

8 dan moet jy nie inwillig en na hom nie luister nie; ook mag jou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om sy ontwil wegsteek nie,

9 maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.

10 En jy moet hom stenig, dat hy sterwe; want hy het probeer om jou weg te drywe van die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

11 En die hele Israel sal dit hoor en vrees, en hulle sal nie meer so 'n verkeerde ding by jou doen nie.

12 As jy in een van jou stede wat die HERE jou God jou gee om daar te woon, hoor sê:

13 Deugniete het by jou opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en ander gode dien -- wat julle nie geken het nie --

14 dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en uitvra, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou gedoen,

15 dan moet jy die inwoners van die stad sekerlik verslaan met die skerpte van die swaard deur dit met die banvloek te tref en alles wat daarin is, ook die vee, met die skerpte van die swaard.

16 En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die HERE jou God; en dit moet vir ewig 'n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie.

17 Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het --

18 as jy luister na die stem van die HERE jou God om al sy gebooie te hou wat ek jou vandag beveel, deur te doen wat reg is in die oë van die HERE jou God.

1 א את כל הדבר אשר אנכי מצוה אתכם--אתו תשמרו לעשות  לא תסף עליו ולא תגרע ממנו  {פ}

2 ב כי יקום בקרבך נביא או חלם חלום ונתן אליך אות או מופת

3 ג ובא האות והמופת אשר דבר אליך לאמר  נלכה אחרי אלהים אחרים אשר לא ידעתם--ונעבדם

4 ד לא תשמע אל דברי הנביא ההוא או אל חולם החלום ההוא  כי מנסה יהוה אלהיכם אתכם לדעת הישכם אהבים את יהוה אלהיכם בכל לבבכם ובכל נפשכם

5 ה אחרי יהוה אלהיכם תלכו ואתו תיראו ואת מצותיו תשמרו ובקלו תשמעו ואתו תעבדו ובו תדבקון

6 ו והנביא ההוא או חלם החלום ההוא יומת כי דבר סרה על יהוה אלהיכם המוציא אתכם מארץ מצרים והפדך מבית עבדים--להדיחך מן הדרך אשר צוך יהוה אלהיך ללכת בה ובערת הרע מקרבך  {ס}

7 ז כי יסיתך אחיך בן אמך או בנך או בתך או אשת חיקך או רעך אשר כנפשך--בסתר לאמר  נלכה ונעבדה אלהים אחרים אשר לא ידעת אתה ואבתיך

8 ח מאלהי העמים אשר סביבתיכם הקרבים אליך או הרחקים ממך--מקצה הארץ ועד קצה הארץ

9 ט לא תאבה לו ולא תשמע אליו ולא תחוס עינך עליו ולא תחמל ולא תכסה עליו

10 י כי הרג תהרגנו ידך תהיה בו בראשונה להמיתו ויד כל העם באחרנה

11 יא וסקלתו באבנים ומת  כי בקש להדיחך מעל יהוה אלהיך המוציאך מארץ מצרים מבית עבדים

12 יב וכל ישראל--ישמעו ויראון ולא יוספו לעשות כדבר הרע הזה--בקרבך  {ס}

13 יג כי תשמע באחת עריך אשר יהוה אלהיך נתן לך לשבת שם--לאמר

14 יד יצאו אנשים בני בליעל מקרבך וידיחו את ישבי עירם לאמר  נלכה ונעבדה אלהים אחרים--אשר לא ידעתם

15 טו ודרשת וחקרת ושאלת היטב והנה אמת נכון הדבר נעשתה התועבה הזאת בקרבך

16 טז הכה תכה את ישבי העיר ההוא--לפי חרב  החרם אתה ואת כל אשר בה ואת בהמתה לפי חרב

17 יז ואת כל שללה תקבץ אל תוך רחבה ושרפת באש את העיר ואת כל שללה כליל ליהוה אלהיך והיתה תל עולם לא תבנה עוד

18 יח ולא ידבק בידך מאומה מן החרם--למען ישוב יהוה מחרון אפו ונתן לך רחמים ורחמך והרבך כאשר נשבע לאבתיך [ (Deuteronomy 13:19) יט כי תשמע בקול יהוה אלהיך לשמר את כל מצותיו אשר אנכי מצוך היום--לעשות הישר בעיני יהוה אלהיך  {ס} ]