1 En Moses het die hele Israel laat roep en vir hulle gesê: Hoor, Israel, die insettinge en die verordeninge wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle moet dit leer en dit sorgvuldig hou.

2 Die HERE onse God het by Horeb met ons 'n verbond gesluit.

3 Met ons vaders het die HERE hierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.

4 Van aangesig tot aangesig het die HERE op die berg uit die vuur met julle gespreek --

5 ek het in die tyd tussen die HERE en julle gestaan om aan julle die woord van die HERE bekend te maak, want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie -- en Hy het gesê:

6 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

7 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

8 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

9 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

10 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

11 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

12 Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos die HERE jou God jou beveel het.

13 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

14 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy g,,n werk doen nie -- jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.

15 En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland 'n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.

16 Eer jou vader en jou moeder soos die HERE jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die HERE jou God aan jou gee.

17 Jy mag nie doodslaan nie.

18 En jy mag nie egbreek nie.

19 En jy mag nie steel nie.

20 En jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

21 En jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie; en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie -- na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

22 Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met 'n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.

23 En toe julle die stem uit die duisternis hoor, terwyl die berg met vuur brand, het julle na my toe aangekom, al die hoofde van julle stamme en julle oudstes,

24 en gesê: Kyk, die HERE onse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur gehoor; vandag het ons gesien dat God met die mens spreek en hy in die lewe bly.

25 Maar waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie groot vuur sal ons verteer. As ons die stem van die HERE onse God nog langer hoor, sal ons sterwe.

26 Want wie is daar van alle vlees wat die stem van die lewende God uit die vuur hoor spreek het soos ons en in die lewe gebly het?

27 Gaan u naderby en hoor alles wat die HERE onse God sal sê; dan kan u ons alles meedeel wat die HERE onse God met u sal spreek, en ons sal dit hoor en doen.

28 En die HERE het die stem van julle woorde gehoor toe julle met my gespreek het. Toe sê die HERE vir my: Ek het gehoor die stem van die woorde van hierdie volk wat hulle met jou gespreek het; dit is alles goed wat hulle gespreek het.

29 Ag, as hulle maar so 'n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.

30 Gaan sê vir hulle: Gaan maar terug na julle tente toe.

31 Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem.

32 Sorg dan dat julle doen soos die HERE julle God julle beveel het; julle mag nie regs of links afwyk nie.

33 In al die weë wat die HERE julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

1 א ויקרא משה אל כל ישראל ויאמר אלהם שמע ישראל את החקים ואת המשפטים אשר אנכי דבר באזניכם היום ולמדתם אתם ושמרתם לעשתם

2 ב יהוה אלהינו כרת עמנו ברית--בחרב

3 ג לא את אבתינו כרת יהוה את הברית הזאת  כי אתנו אנחנו אלה פה היום כלנו חיים

4 ד פנים בפנים דבר יהוה עמכם בהר--מתוך האש

5 ה אנכי עמד בין יהוה וביניכם בעת ההוא להגיד לכם את דבר יהוה  כי יראתם מפני האש ולא עליתם בהר לאמר  {ס}

6 ו אנכי יהוה אלהיך אשר הוצאתיך מארץ מצרים מבית עבדים  לא יהיה לך אלהים אחרים על פני

7 ז לא תעשה לך פסל כל תמונה אשר בשמים ממעל ואשר בארץ מתחת--ואשר במים מתחת לארץ

8 ח לא תשתחוה להם ולא תעבדם  כי אנכי יהוה אלהיך אל קנא--פקד עון אבות על בנים ועל שלשים ועל רבעים לשנאי

9 ט ועשה חסד לאלפים--לאהבי ולשמרי מצותו (מצותי)  {ס}

10 י לא תשא את שם יהוה אלהיך לשוא  כי לא ינקה יהוה את אשר ישא את שמו לשוא  {ס}

11 יא שמור את יום השבת לקדשו כאשר צוך יהוה אלהיך

12 יב ששת ימים תעבד ועשית כל מלאכתך

13 יג ויום השביעי--שבת ליהוה אלהיך  לא תעשה כל מלאכה אתה ובנך ובתך ועבדך ואמתך ושורך וחמרך וכל בהמתך וגרך אשר בשעריך--למען ינוח עבדך ואמתך כמוך

14 יד וזכרת כי עבד היית בארץ מצרים ויצאך יהוה אלהיך משם ביד חזקה ובזרע נטויה על כן צוך יהוה אלהיך לעשות את יום השבת  {ס}

15 טו כבד את אביך ואת אמך כאשר צוך יהוה אלהיך--למען יאריכן ימיך ולמען ייטב לך על האדמה אשר יהוה אלהיך נתן לך  {ס}

16 טז לא תרצח  {ס}  ולא תנאף  {ס}  ולא תגנב  {ס}  ולא תענה ברעך עד שוא  {ס}

17 יז ולא תחמד אשת רעך  {ס}  ולא תתאוה בית רעך שדהו ועבדו ואמתו שורו וחמרו וכל אשר לרעך  {ס}

18 יח את הדברים האלה דבר יהוה אל כל קהלכם בהר מתוך האש הענן והערפל--קול גדול ולא יסף ויכתבם על שני לחת אבנים ויתנם אלי

19 יט ויהי כשמעכם את הקול מתוך החשך וההר בער באש ותקרבון אלי כל ראשי שבטיכם וזקניכם

20 כ ותאמרו הן הראנו יהוה אלהינו את כבדו ואת גדלו ואת קלו שמענו מתוך האש היום הזה ראינו כי ידבר אלהים את האדם וחי

21 כא ועתה למה נמות כי תאכלנו האש הגדלה הזאת אם יספים אנחנו לשמע את קול יהוה אלהינו עוד--ומתנו

22 כב כי מי כל בשר אשר שמע קול אלהים חיים מדבר מתוך האש כמנו--ויחי

23 כג קרב אתה ושמע את כל אשר יאמר יהוה אלהינו ואת תדבר אלינו את כל אשר ידבר יהוה אלהינו אליך--ושמענו ועשינו

24 כד וישמע יהוה את קול דבריכם בדברכם אלי ויאמר יהוה אלי שמעתי את קול דברי העם הזה אשר דברו אליך--היטיבו כל אשר דברו

25 כה מי יתן והיה לבבם זה להם ליראה אתי ולשמר את כל מצותי--כל הימים  למען ייטב להם ולבניהם לעלם

26 כו לך אמר להם  שובו לכם לאהליכם

27 כז ואתה פה עמד עמדי ואדברה אליך את כל המצוה והחקים והמשפטים אשר תלמדם ועשו בארץ אשר אנכי נתן להם לרשתה

28 כח ושמרתם לעשות כאשר צוה יהוה אלהיכם אתכם  לא תסרו ימין ושמאל

29 כט בכל הדרך אשר צוה יהוה אלהיכם אתכם--תלכו  למען תחיון וטוב לכם והארכתם ימים בארץ אשר תירשון