1 N hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot.

2 Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damask,ner Eliëser is?

3 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.

4 Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.

5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.

6 En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.

7 Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.

8 En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?

9 En Hy antwoord hom: Neem vir My 'n driejaaroud vers en 'n driejaaroud bokooi en 'n driejaaroud ram en 'n tortelduif en 'n jong duif.

10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.

11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.

12 En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.

13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank.

14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.

15 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.

16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.

17 En n sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen die stukke vleis deur.

18 Op die dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:

19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete

20 en Hetiete en Feresiete en Refa‹ete

21 en Amoriete en Kana„niete en Girgasiete en Jebusiete.

1 א אחר הדברים האלה היה דבר יהוה אל אברם במחזה לאמר  אל תירא אברם אנכי מגן לך--שכרך הרבה מאד

2 ב ויאמר אברם אדני יהוה מה תתן לי ואנכי הולך ערירי ובן משק ביתי הוא דמשק אליעזר

3 ג ויאמר אברם--הן לי לא נתתה זרע והנה בן ביתי יורש אתי

4 ד והנה דבר יהוה אליו לאמר לא יירשך זה  כי אם אשר יצא ממעיך הוא יירשך

5 ה ויוצא אתו החוצה ויאמר הבט נא השמימה וספר הכוכבים--אם תוכל לספר אתם ויאמר לו כה יהיה זרעך

6 ו והאמן ביהוה ויחשבה לו צדקה

7 ז ויאמר אליו  אני יהוה אשר הוצאתיך מאור כשדים--לתת לך את הארץ הזאת לרשתה

8 ח ויאמר  אדני יהוה במה אדע כי אירשנה

9 ט ויאמר אליו קחה לי עגלה משלשת ועז משלשת ואיל משלש ותר וגוזל

10 י ויקח לו את כל אלה ויבתר אתם בתוך ויתן איש בתרו לקראת רעהו ואת הצפר לא בתר

11 יא וירד העיט על הפגרים וישב אתם אברם

12 יב ויהי השמש לבוא ותרדמה נפלה על אברם והנה אימה חשכה גדלה נפלת עליו

13 יג ויאמר לאברם ידע תדע כי גר יהיה זרעך בארץ לא להם ועבדום וענו אתם--ארבע מאות שנה

14 יד וגם את הגוי אשר יעבדו דן אנכי ואחרי כן יצאו ברכש גדול

15 טו ואתה תבוא אל אבתיך בשלום  תקבר בשיבה טובה

16 טז ודור רביעי ישובו הנה  כי לא שלם עון האמרי עד הנה

17 יז ויהי השמש באה ועלטה היה והנה תנור עשן ולפיד אש אשר עבר בין הגזרים האלה

18 יח ביום ההוא כרת יהוה את אברם--ברית לאמר  לזרעך נתתי את הארץ הזאת מנהר מצרים עד הנהר הגדל נהר פרת

19 יט את הקיני ואת הקנזי ואת הקדמני

20 כ ואת החתי ואת הפרזי ואת הרפאים

21 כא ואת האמרי ואת הכנעני ואת הגרגשי ואת היבוסי  {ס}