1 Wee die opstandige kinders, spreek die HERE, wat 'n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat 'n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel;

2 wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte.

3 Maar die beskutting van Farao sal julle tot skande wees, en die skuiling in die skaduwee van Egipte tot smaadheid.

4 Want hulle vorste is in Soan, en hulle boodskappers het in Hanes aangekom;

5 almal staan beskaamd vanweë die volk wat hulle geen voordeel aanbring nie, geen hulp en geen voordeel nie, maar skande en smaadheid daarby.

6 Godspraak oor die diere van die Suidland. In 'n land van benoudheid en angs, waar leeuin en leeu uitkom, adder en vlieënde draak, vervoer hulle op die rugge van esels hul rykdomme en op die bulte van kamele hul skatte, na 'n volk wat geen voordeel bring nie.

7 En Egipte -- nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat stilsit.

8 Gaan nou in, skryf dit op 'n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in 'n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in ewigheid.

9 Want dit is 'n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van die HERE nie wil hoor nie;

10 wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry;

11 wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!

12 Daarom, so sê die Heilige van Israel: Omdat julle hierdie woord verwerp en vertrou op verdrukking en slinksheid en daarop steun,

13 daarom sal hierdie skuld vir julle wees soos 'n los stuk wat wil val, wat oorhang in 'n hoë muur, waarvan die instorting heeltemal onverwags kom.

14 Ja, Hy sal dit verbreek soos die kruik van 'n pottebakker verbreek word, wat sonder verskoning stukkend geslaan word, sodat by die brokstukke daarvan geen skerf gevind word om vuur uit die vuurherd te gaan haal of om water uit die kuil te skep nie.

15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie

16 en het gesê: Nee, maar op perde sal ons vlieg -- daarom sal julle moet vlug! en: Op renperde sal ons ry -- daarom sal julle vervolgers laat jaag!

17 Een duisend van julle sal vlug vir die oorlogsgeroep van een enkele, vir die oorlogsgeroep van vyf, totdat julle oorbly soos 'n vlagpaal op 'n bergtop en soos 'n banier op 'n heuwel.

18 En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!

19 Want 'n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.

20 Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie -- maar jou oë sal jou leraars sien;

21 en jou ore sal 'n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.

22 En julle sal verontreinig die oortreksel van jou gesnede beelde van silwer en die beslag van jou gegote beeld van goud; jy sal dit weggooi soos iets wat besoedel is. Weg daarmee! sal jy daarvan sê.

23 Dan sal Hy reën gee vir die saad waarmee jy die grond besaai, en broodkoring wat die grond voortbring, en dit sal smaaklik en voedsaam wees; jou vee sal in die dag wei op 'n uitgestrekte weiveld;

24 en die osse en die esels wat die grond bewerk, sal voer met sout eet, wat uitgewan is met skop en gaffel;

25 en op elke hoë berg en op elke verhewe heuwel sal strome wees, waterlope, op die dag van die groot slagting as die torings val.

26 En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die HERE die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.

27 Kyk, die Naam van die HERE kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos 'n verterende vuur,

28 en sy asem soos 'n oorlopende stroom wat tot by die nek kom -- om nasies te sif met 'n sif van vernietiging; en 'n toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke.

29 Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart soos die wat met die fluite loop, om te kom op die berg van die HERE, na die Steenrots van Israel.

30 En die HERE sal sy stem vol majesteit laat hoor en die neerdaling van sy arm laat sien, met grimmige toorn en die vlam van 'n verterende vuur, storm en stortreën en haelkorrels.

31 Want vir die stem van die HERE sal Assur verskrik wees; met die stok sal Hy slaan,

32 en elke swaai van die roede wat vir hom beskik is, wat die HERE op hom laat val, sal wees onder begeleiding van tamboeryn en sitermusiek, en met 'n uitgeswaaide vegtersarm sal Hy teen hulle veg.

33 Want 'n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van die HERE is soos 'n stroom van swawel wat dit aan die brand steek.

1 א הוי בנים סוררים נאם יהוה לעשות עצה ולא מני ולנסך מסכה ולא רוחי--למען ספות חטאת על חטאת

2 ב ההלכים לרדת מצרים ופי לא שאלו לעוז במעוז פרעה ולחסות בצל מצרים

3 ג והיה לכם מעוז פרעה לבשת והחסות בצל מצרים לכלמה

4 ד כי היו בצען שריו ומלאכיו חנס יגיעו

5 ה כל הבאיש על עם לא יועילו למו  לא לעזר ולא להועיל כי לבשת וגם לחרפה  {ס}

6 ו משא בהמות נגב  בארץ צרה וצוקה לביא וליש מהם אפעה ושרף מעופף ישאו על כתף עירים חילהם ועל דבשת גמלים אוצרתם על עם לא יועילו

7 ז ומצרים הבל וריק יעזרו לכן קראתי לזאת רהב הם שבת

8 ח עתה בוא כתבה על לוח אתם--ועל ספר חקה ותהי ליום אחרון לעד עד עולם

9 ט כי עם מרי הוא בנים כחשים בנים לא אבו שמוע תורת יהוה

10 י אשר אמרו לראים לא תראו ולחזים לא תחזו לנו נכחות דברו לנו חלקות חזו מהתלות

11 יא סורו מני דרך הטו מני ארח השביתו מפנינו את קדוש ישראל  {ס}

12 יב לכן כה אמר קדוש ישראל יען מאסכם בדבר הזה ותבטחו בעשק ונלוז ותשענו עליו

13 יג לכן יהיה לכם העון הזה כפרץ נפל נבעה בחומה נשגבה--אשר פתאם לפתע יבוא שברה

14 יד ושברה כשבר נבל יוצרים כתות--לא יחמל ולא ימצא במכתתו חרש לחתות אש מיקוד ולחשף מים מגבא  {ס}

15 טו כי כה אמר אדני יהוה קדוש ישראל בשובה ונחת תושעון--בהשקט ובבטחה תהיה גבורתכם ולא אביתם

16 טז ותאמרו לא כי על סוס ננוס על כן תנוסון ועל קל נרכב על כן יקלו רדפיכם

17 יז אלף אחד מפני גערת אחד--מפני גערת חמשה תנסו  עד אם נותרתם כתרן על ראש ההר וכנס על הגבעה

18 יח ולכן יחכה יהוה לחננכם ולכן ירום לרחמכם  כי אלהי משפט יהוה אשרי כל חוכי לו  {פ}

19 יט כי עם בציון ישב בירושלם בכו לא תבכה חנון יחנך לקול זעקך--כשמעתו ענך

20 כ ונתן לכם אדני לחם צר ומים לחץ ולא יכנף עוד מוריך והיו עיניך ראות את מוריך

21 כא ואזניך תשמענה דבר מאחריך לאמר  זה הדרך לכו בו כי תאמינו וכי תשמאילו

22 כב וטמאתם את צפוי פסילי כספך ואת אפדת מסכת זהבך תזרם כמו דוה צא תאמר לו

23 כג ונתן מטר זרעך אשר תזרע את האדמה ולחם תבואת האדמה והיה דשן ושמן ירעה מקניך ביום ההוא כר נרחב

24 כד והאלפים והעירים עבדי האדמה בליל חמיץ יאכלו--אשר זרה ברחת ובמזרה

25 כה והיה על כל הר גבה ועל כל גבעה נשאה פלגים יבלי מים--ביום הרג רב בנפל מגדלים

26 כו והיה אור הלבנה כאור החמה ואור החמה יהיה שבעתים כאור שבעת הימים--ביום חבש יהוה את שבר עמו ומחץ מכתו ירפא  {פ}

27 כז הנה שם יהוה בא ממרחק בער אפו וכבד משאה שפתיו מלאו זעם ולשונו כאש אכלת

28 כח ורוחו כנחל שוטף עד צואר יחצה להנפה גוים בנפת שוא ורסן מתעה על לחיי עמים

29 כט השיר יהיה לכם כליל התקדש חג ושמחת לבב כהולך בחליל לבוא בהר יהוה אל צור ישראל

30 ל והשמיע יהוה את הוד קולו ונחת זרועו יראה בזעף אף ולהב אש אוכלה נפץ וזרם ואבן ברד

31 לא כי מקול יהוה יחת אשור בשבט יכה

32 לב והיה כל מעבר מטה מוסדה אשר יניח יהוה עליו בתפים ובכנרות ובמלחמות תנופה נלחם בה (בם)

33 לג כי ערוך מאתמול תפתה גם הוא (היא) למלך הוכן העמיק הרחב מדרתה אש ועצים הרבה--נשמת יהוה כנחל גפרית בערה בה  {פ}