1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!

2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere -- hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.

3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.

4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.

5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.

6 Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,

7 elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.

8 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.

9 Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!

10 Julle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is -- voor My is geen God geformeer nie, en n My sal daar geeneen wees nie.

11 Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie.

12 k het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die HERE, en Ek is God.

13 Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?

14 So sê die HERE, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het.

15 Ek is die HERE, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning.

16 So sê die HERE wat in die see 'n weg en in die sterk waters 'n pad gemaak het,

17 wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos 'n lamppit uitgedoof.

18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.

19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.

20 Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.

21 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.

22 Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel!

23 Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie.

24 Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede.

25 Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.

26 Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word.

27 Jou eerste vader het gesondig, en jou tolke het teen My oortree.

28 So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge.

1 א ועתה כה אמר יהוה בראך יעקב ויצרך ישראל  אל תירא כי גאלתיך קראתי בשמך לי אתה

2 ב כי תעבר במים אתך אני ובנהרות לא ישטפוך  כי תלך במו אש לא תכוה ולהבה לא תבער בך

3 ג כי אני יהוה אלהיך קדוש ישראל מושיעך נתתי כפרך מצרים כוש וסבא תחתיך

4 ד מאשר יקרת בעיני נכבדת ואני אהבתיך ואתן אדם תחתיך ולאמים תחת נפשך

5 ה אל תירא כי אתך אני  ממזרח אביא זרעך וממערב אקבצך

6 ו אמר לצפון תני ולתימן אל תכלאי הביאי בני מרחוק ובנותי מקצה הארץ

7 ז כל הנקרא בשמי ולכבודי בראתיו  יצרתיו אף עשיתיו

8 ח הוציא עם עור ועינים יש וחרשים ואזנים למו

9 ט כל הגוים נקבצו יחדו ויאספו לאמים--מי בהם יגיד זאת וראשנות ישמיענו יתנו עדיהם ויצדקו וישמעו ויאמרו אמת

10 י אתם עדי נאם יהוה ועבדי אשר בחרתי  למען תדעו ותאמינו לי ותבינו כי אני הוא--לפני לא נוצר אל ואחרי לא יהיה  {ס}

11 יא אנכי אנכי יהוה ואין מבלעדי מושיע

12 יב אנכי הגדתי והושעתי והשמעתי--ואין בכם זר ואתם עדי נאם יהוה ואני אל

13 יג גם מיום אני הוא ואין מידי מציל אפעל ומי ישיבנה  {ס}

14 יד כה אמר יהוה גאלכם קדוש ישראל  למענכם שלחתי בבלה והורדתי בריחים כלם וכשדים באניות רנתם

15 טו אני יהוה קדושכם בורא ישראל מלככם  {ס}

16 טז כה אמר יהוה הנותן בים דרך ובמים עזים נתיבה

17 יז המוציא רכב וסוס חיל ועזוז יחדו ישכבו בל יקומו דעכו כפשתה כבו

18 יח אל תזכרו ראשנות וקדמניות אל תתבננו

19 יט הנני עשה חדשה עתה תצמח הלוא תדעוה אף אשים במדבר דרך בישמון נהרות

20 כ תכבדני חית השדה תנים ובנות יענה  כי נתתי במדבר מים נהרות בישימן להשקות עמי בחירי

21 כא עם זו יצרתי לי תהלתי יספרו  {ס}

22 כב ולא אתי קראת יעקב  כי יגעת בי ישראל

23 כג לא הביאת לי שה עלתיך וזבחיך לא כבדתני לא העבדתיך במנחה ולא הוגעתיך בלבונה

24 כד לא קנית לי בכסף קנה וחלב זבחיך לא הרויתני אך העבדתני בחטאותיך הוגעתני בעונתיך

25 כה אנכי אנכי הוא מחה פשעיך למעני  וחטאתיך לא אזכר

26 כו הזכירני נשפטה יחד ספר אתה למען תצדק

27 כז אביך הראשון חטא ומליציך פשעו בי

28 כח ואחלל שרי קדש ואתנה לחרם יעקב וישראל לגדופים  {פ}