1 Godspraak oor Ninev,. Die boek van die gesig van Nahum, die lkosiet.

2 'n Jaloerse God en 'n wreker is die HERE, 'n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; 'n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.

3 Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.

4 Hy dreig die see en maak dit droog en laat al die riviere opdroog; Basan en Karmel kwyn weg, en die groenigheid van die L¡banon verwelk.

5 Die berge bewe voor Hom, en die heuwels smelt weg; en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.

6 Wie sal standhou voor sy grimmigheid? En wie sal bestand wees teen die gloed van sy toorn? Sy gramskap word uitgegiet soos vuur, en die rotse word stukkend geruk voor Hom.

7 Die HERE is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.

8 Maar met 'n oorstromende vloed maak Hy 'n einde aan die plek van die stad, en sy vyande vervolg Hy die duisternis in.

9 Wat wil julle beraam teen die HERE? Hy maak daar 'n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.

10 Want al is hulle saamgevleg soos dorings, en soos hulle drank so deur en deur nat -- hulle sal soos droë stoppels volkome verteer word.

11 Van jou, o stad, het een uitgegaan wat kwaad teen die HERE beraam het, wat verderflike planne gemaak het.

12 So sê die HERE: Al is hulle ook in volle krag en so groot in getal, tog sal hulle net so afgemaai word en vergaan. Ek het jou verneder, Ek sal jou nie meer verneder nie;

13 maar nou sal Ek sy juk van jou af verbreek en jou stroppe stukkend ruk.

14 Maar die HERE sal dit oor jou verorden: Van jou naam sal daar nie meer gesaai word nie; Ek sal uit die huis van jou god uitroei die gesnede en die gegote beelde; Ek sal vir jou 'n graf maak, want jy is te lig bevind.

15 Kyk, op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jou gebied trek nie; hy is heeltemal uitgeroei!

1 א משא נינוה--ספר חזון נחום האלקשי

2 ב אל קנוא ונקם יהוה נקם יהוה ובעל חמה נקם יהוה לצריו ונוטר הוא לאיביו

3 ג יהוה ארך אפים וגדול (וגדל) כח ונקה לא ינקה יהוה ב ס ופה ובשערה דרכו וענן אבק רגליו

4 ד גוער בים ויבשהו וכל הנהרות החריב אמלל בשן וכרמל ופרח לבנון אמלל

5 ה הרים רעשו ממנו והגבעות התמגגו ותשא הארץ מפניו ותבל וכל יושבי בה

6 ו לפני זעמו מי יעמוד ומי יקום בחרון אפו חמתו נתכה כאש והצרים נתצו ממנו

7 ז טוב יהוה למעוז ביום צרה וידע חסי בו

8 ח ובשטף עבר כלה יעשה מקומה ואיביו ירדף חשך

9 ט מה תחשבון אל יהוה--כלה הוא עשה לא תקום פעמים צרה

10 י כי עד סירים סבכים וכסבאם סבואים אכלו--כקש יבש מלא

11 יא ממך יצא חשב על יהוה רעה--יעץ בליעל  {ס}

12 יב כה אמר יהוה אם שלמים וכן רבים וכן נגוזו ועבר וענתך--לא אענך עוד

13 יג ועתה אשבר מטהו מעליך ומוסרתיך אנתק

14 יד וצוה עליך יהוה לא יזרע משמך עוד מבית אלהיך אכרית פסל ומסכה אשים קברך--כי קלות  {פ}