1 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!
2 Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!
3 Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.
4 Kyk, so sal sekerlik geseënword die man wat die HERE vrees.
5 Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe!
6 En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!
1 א שיר המעלות br אשרי כל-ירא יהוה-- ההלך בדרכיו br
2 ב יגיע כפיך כי תאכל אשריך וטוב לך br
3 ג אשתך כגפן פריה-- בירכתי ביתך br בניך כשתלי זיתים-- סביב לשלחנך br
4 ד הנה כי-כן יברך גבר-- ירא יהוה br
5 ה יברכך יהוה מציון וראה בטוב ירושלם--כל ימי חייך br
6 ו וראה-בנים לבניך שלום על-ישראל