1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig, toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het.

2 Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.

3 Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.

4 Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur.

5 k moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong 'n skerp swaard is.

6 Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!

7 Hulle het 'n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het 'n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela.

8 My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.

9 Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!

10 Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.

11 Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke. [ (Psalms 57:12) Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde! ]

1 א   למנצח אל-תשחת לדוד מכתם--    בברחו מפני-שאול במערה br

2 ב   חנני אלהים חנני--    כי בך חסיה נפשי br ובצל-כנפיך אחסה--    עד יעבר הוות br

3 ג   אקרא לאלהים עליון    לאל גמר עלי br

4 ד   ישלח משמים ויושיעני--    חרף שאפי סלה br ישלח אלהים    חסדו ואמתו br

5 ה   נפשי בתוך לבאם--    אשכבה להטים br בני-אדם--שניהם חנית וחצים    ולשונם חרב חדה br

6 ו   רומה על-השמים אלהים    על כל-הארץ כבודך br

7 ז   רשת הכינו לפעמי--    כפף נפשי br כרו לפני שיחה    נפלו בתוכה סלה br

8 ח   נכון לבי אלהים נכון לבי    אשירה ואזמרה br

9 ט   עורה כבודי--עורה הנבל וכנור    אעירה שחר br

10 י   אודך בעמים אדני    אזמרך בלאמים br

11 יא   כי-גדל עד-שמים חסדך    ועד-שחקים אמתך br [ (Psalms 57:12) יב   רומה על-שמים אלהים    על כל-הארץ כבודך ]