1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.

2 Aan U kom 'n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.

3 o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!

4 Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.

5 Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.

6 Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!

7 Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag,

8 wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;

9 sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.

10 U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land.

11 U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.

12 U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.

13 Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig. [ (Psalms 65:14) Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle. ]

1 א   למנצח מזמור לדוד שיר br

2 ב   לך דמיה תהלה אלהים בציון    ולך ישלם-נדר br

3 ג   שמע תפלה--    עדיך כל-בשר יבאו br

4 ד   דברי עונת גברו מני    פשעינו אתה תכפרם br

5 ה   אשרי תבחר ותקרב--    ישכן חצריך br נשבעה בטוב ביתך    קדש היכלך br

6 ו   נוראות בצדק תעננו--    אלהי ישענו br מבטח כל-קצוי-ארץ    וים רחקים br

7 ז   מכין הרים בכחו    נאזר בגבורה br

8 ח   משביח שאון ימים--שאון גליהם    והמון לאמים br

9 ט   וייראו ישבי קצות--מאותתיך    מוצאי בקר וערב תרנין br

10 י   פקדת הארץ ותשקקה רבת תעשרנה--    פלג אלהים מלא מים br תכין דגנם    כי-כן תכינה br

11 יא   תלמיה רוה נחת גדודה    ברביבים תמגגנה צמחה תברך br

12 יב   עטרת שנת טובתך    ומעגליך ירעפון דשן br

13 יג   ירעפו נאות מדבר    וגיל גבעות תחגרנה br [ (Psalms 65:14) יד   לבשו כרים הצאן--    ועמקים יעטפו-בר br יתרועעו    אף-ישירו ]