1 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied.

2 God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!

3 Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.

4 Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.

5 Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!

6 'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.

7 God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.

8 o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,

9 het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel!

10 Met 'n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het U dit versterk.

11 U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!

12 Die Here het die woord laat hoor -- die vroue wat die goeie tyding gebring het, was 'n groot skare:

13 Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.

14 As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.

15 Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon.

16 'n Berg van God is die berg Basan, 'n berg met toppe is die berg Basan.

17 Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid.

18 Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.

19 U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God!

20 Geloofd sy die Here! Dag n dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.

21 God is vir ons 'n God van verlossinge, en die HERE Here het uitkomste teen die dood.

22 Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.

23 Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see;

24 sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê.

25 o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.

26 Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan.

27 Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!

28 Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda -- hulle menigte; die vorste van S,bulon, die vorste van N ftali.

29 Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!

30 Ter wille van u tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring.

31 Dreig die wilde gedierte van die riet -- die trop stiere saam met die kalwers van die volke -- die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.

32 Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.

33 o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.

34 Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, 'n magtige stem.

35 Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke. [ (Psalms 68:36) Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel -- Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God! ]

1 א   למנצח לדוד מזמור שיר br

2 ב   יקום אלהים יפוצו אויביו    וינוסו משנאיו מפניו br

3 ג   כהנדף עשן    תנדף br כהמס דונג מפני-אש--    יאבדו רשעים מפני אלהים br

4 ד   וצדיקים--ישמחו יעלצו לפני אלהים    וישישו בשמחה br

5 ה   שירו לאלהים--    זמרו שמו br סלו לרכב בערבות--ביה שמו    ועלזו לפניו br

6 ו   אבי יתומים ודין אלמנות--    אלהים במעון קדשו br

7 ז   אלהים מושיב יחידים ביתה--    מוציא אסירים בכושרות br אך סוררים    שכנו צחיחה br

8 ח   אלהים--בצאתך לפני עמך    בצעדך בישימון סלה br

9 ט   ארץ רעשה אף-שמים נטפו--    מפני אלהים br זה סיני--    מפני אלהים אלהי ישראל br

10 י   גשם נדבות תניף אלהים    נחלתך ונלאה אתה כוננתה br

11 יא   חיתך ישבו-בה    תכין בטובתך לעני אלהים br

12 יב   אדני יתן-אמר    המבשרות צבא רב br

13 יג   מלכי צבאות ידדון ידדון    ונות-בית תחלק שלל br

14 יד   אם-תשכבון    בין שפתים br כנפי יונה נחפה בכסף    ואברותיה בירקרק חרוץ br

15 טו   בפרש שדי מלכים בה--    תשלג בצלמון br

16 טז   הר-אלהים הר-בשן    הר גבננים הר-בשן br

17 יז   למה תרצדון--    הרים גבננים br ההר--חמד אלהים לשבתו    אף-יהוה ישכן לנצח br

18 יח   רכב אלהים רבתים אלפי שנאן    אדני בם סיני בקדש br

19 יט   עלית למרום שבית שבי--    לקחת מתנות באדם br ואף סוררים    לשכן יה אלהים br

20 כ   ברוך אדני יום יום    יעמס-לנו--האל ישועתנו סלה br

21 כא   האל לנו אל למושעות    וליהוה אדני--למות תצאות br

22 כב   אך-אלהים--ימחץ ראש איביו    קדקד שער--מתהלך באשמיו br

23 כג   אמר אדני מבשן אשיב    אשיב ממצלות ים br

24 כד   למען תמחץ רגלך--בדם    לשון כלביך--מאיבים מנהו br

25 כה   ראו הליכותיך אלהים    הליכות אלי מלכי בקדש br

26 כו   קדמו שרים אחר נגנים    בתוך עלמות תופפות br

27 כז   במקהלות ברכו אלהים    אדני ממקור ישראל br

28 כח   שם בנימן צעיר רדם--שרי יהודה רגמתם    שרי זבלון שרי נפתלי br

29 כט   צוה אלהיך עזך    עוזה אלהים--זו פעלת לנו br

30 ל   מהיכלך על-ירושלם--    לך יובילו מלכים שי br

31 לא   גער חית קנה עדת אבירים בעגלי עמים--    מתרפס ברצי-כסף br בזר עמים    קרבות יחפצו br

32 לב   יאתיו חשמנים מני מצרים    כוש תריץ ידיו לאלהים br

33 לג   ממלכות הארץ שירו לאלהים    זמרו אדני סלה br

34 לד   לרכב בשמי שמי-קדם--    הן יתן בקולו קול עז br

35 לה   תנו עז לאלהים    על-ישראל גאותו ועזו בשחקים br [ (Psalms 68:36) לו   נורא אלהים    ממקדשיך br אל ישראל--    הוא נתן עז ותעצמות לעם br ברוך אלהים ]