1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedutun." 'n Psalm van Asaf.

2 My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.

3 Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.

4 As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela.

5 U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.

6 Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare.

7 Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:

8 Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?

9 Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag?

10 Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.

11 Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!

12 Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd

13 en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.

14 o God, u weg is in heiligheid. Wie is 'n groot God soos God?

15 U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.

16 U het u volk met 'n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef. Sela.

17 Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.

18 Die wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg.

19 U rollende donder het weerklink; bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.

20 U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie. [ (Psalms 77:21) U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en A„ron. ]

1 א   למנצח על-ידיתון (ידותון) לאסף מזמור br

2 ב   קולי אל-אלהים ואצעקה    קולי אל-אלהים והאזין אלי br

3 ג   ביום צרתי    אדני דרשתי br ידי לילה נגרה--ולא תפוג    מאנה הנחם נפשי br

4 ד   אזכרה אלהים ואהמיה    אשיחה ותתעטף רוחי סלה br

5 ה   אחזת שמרות עיני    נפעמתי ולא אדבר br

6 ו   חשבתי ימים מקדם--    שנות עולמים br

7 ז   אזכרה נגינתי בלילה    עם-לבבי אשיחה ויחפש רוחי br

8 ח   הלעולמים יזנח אדני    ולא-יסיף לרצות עוד br

9 ט   האפס לנצח חסדו    גמר אמר לדר ודר br

10 י   השכח חנות אל    אם-קפץ באף רחמיו סלה br

11 יא   ואמר חלותי היא--    שנות ימין עליון br

12 יב   אזכיר (אזכור) מעללי-יה    כי-אזכרה מקדם פלאך br

13 יג   והגיתי בכל-פעלך    ובעלילותיך אשיחה br

14 יד   אלהים בקדש דרכך    מי-אל גדול כאלהים br

15 טו   אתה האל עשה פלא    הודעת בעמים עזך br

16 טז   גאלת בזרוע עמך    בני-יעקב ויוסף סלה br

17 יז   ראוך מים אלהים--ראוך מים יחילו    אף ירגזו תהמות br

18 יח   זרמו מים עבות--קול נתנו שחקים    אף-חצציך יתהלכו br

19 יט   קול רעמך בגלגל--האירו ברקים תבל    רגזה ותרעש הארץ br

20 כ   בים דרכך--ושביליך (ושבילך) במים רבים    ועקבותיך לא נדעו br [ (Psalms 77:21) כא   נחית כצאן עמך--    ביד-משה ואהרן ]