19 En die manne van die stad het vir El¡sa gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my heer sien, maar die water is sleg, en die grond veroorsaak onvrugbaarheid.
20 En hy antwoord: Bring vir my 'n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het dit na hom gebring.
21 Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die HERE: Ek het die water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie.
22 En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van El¡sa wat hy gespreek het.
19 And the men of the city said unto Elisha, Behold, we pray thee, the situation of this city is pleasant, as my lord seeth: but the water is bad, and the land miscarrieth. 20 And he said, Bring me a new cruse, and put salt therein. And they brought it to him. 21 And he went forth unto the spring of the waters, and cast salt therein, and said, Thus saith Jehovah, I have healed these waters; there shall not be from thence any more death or miscarrying. 22 So the waters were healed unto this day, according to the word of Elisha which he spake.