67 En Sagar¡a, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:
68 Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,
69 en 'n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg --
70 soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af --
71 redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,
72 om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink,
73 aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee
74 dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,
75 in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.
76 En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;
77 om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,
78 deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,
79 om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.
67 And his father Zacharias was filled with the Holy Spirit, and prophesied, saying,
68 Blessed be the Lord, the God of Israel;
For he hath visited and wrought redemption for his people,
69 And hath raised up a horn of salvation for us
In the house of his servant David
70 (As he spake by the mouth of his holy prophets that have been from of old),
71 Salvation from our enemies, and from the hand of all that hate us;
72 To show mercy towards our fathers,
And to remember his holy covenant;
73 The oath which he sware unto Abraham our father,
74 To grant unto us that we being delivered out of the hand of our enemies
Should serve him without fear,
75 In holiness and righteousness before him all our days.
76 Yea and thou, child, shalt be called the prophet of the Most High:
For thou shalt go before the face of the Lord to make ready his ways;
77 To give knowledge of salvation unto his people
In the remission of their sins,
78 Because of the tender mercy of our God,
Whereby the dayspring from on high shall visit us,
79 To shine upon them that sit in darkness and the shadow of death;
To guide our feet into the way of peace.