15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

16 Want alles wat in die wêreld is -- die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe -- is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

15 Love not the world, neither the things that are in the world. If any man love the world, the love of the Father is not in him. 16 For all that is in the world, the lust of the flesh, and the lust of the eyes, and the pride of life, is not of the Father, but is of the world. 17 And the world passeth away, and the lust thereof: but he that doeth the will of God abideth for ever.