5 En Filippus het afgekom in 'n stad van Samar¡a en Christus aan hulle verkondig.

6 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.

7 Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met 'n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.

8 En daar was groot blydskap in daardie stad.

5 Philippus aber kam hinab in eine Stadt von Samaria und predigte ihnen Christus.

6 Und das Volk achtete einmütig auf das, was Philippus sagte, als sie zuhörten und die Zeichen sahen, die er tat.

7 Denn aus vielen, welche unreine Geister hatten, fuhren diese mit großem Geschrei aus; es wurden aber auch viele Gichtbrüchige und Lahme geheilt.

8 Und es herrschte große Freude in jener Stadt.