54 En hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg.
55 En toe hulle 'n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit.
56 En 'n diensmeisie het hom daar by die vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom.
57 Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie.
58 En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie.
59 En n verloop van omtrent een uur het 'n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 'n Galil,ër.
60 Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai.
61 En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.
62 En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
54 Взяв Его, повели и привели в дом первосвященника. Петр же следовал издали.
55 Когда они развели огонь среди двора и сели вместе, сел и Петр между ними.
56 Одна служанка, увидев его сидящего у огня и всмотревшись в него, сказала: и этот был с Ним.
57 Но он отрекся от Него, сказав женщине: я не знаю Его.
58 Вскоре потом другой, увидев его, сказал: и ты из них. Но Петр сказал этому человеку: нет!
59 Прошло с час времени, еще некто настоятельно говорил: точно и этот был с Ним, ибо он Галилеянин.
60 Но Петр сказал тому человеку: не знаю, что ты говоришь. И тотчас, когда еще говорил он, запел петух.
61 Тогда Господь, обратившись, взглянул на Петра, и Петр вспомнил слово Господа, как Он сказал ему: прежде нежели пропоет петух, отречешься от Меня трижды.
62 И, выйдя вон, горько заплакал.