10 En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedonië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig.

11 Ons het dan afgevaar van Troas en reguit koers gehou na Samothr ce, en die volgende dag na Ne polis,

12 en daarvandaan na Fil¡ppi, wat die eerste stad is van daardie deel van Macedonië, 'n kolonie. En ons het in hierdie stad 'n paar dae deurgebring.

13 En op die sabbatdag het ons uitgegaan buitekant die stad langs 'n rivier waar die gebruiklike bidplek was, en ons het gaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaargekom het.

14 En 'n vrou met die naam van L¡dia, 'n purperverkoopster van die stad Thiat¡re, 'n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is.

15 En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.

16 En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom 'n slavin met 'n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.

17 Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.

10 When he had seen the vision, immediately we sought to go out to Macedonia, concluding that the Lord had called us to preach the Good News to them. 11 Setting sail therefore from Troas, we made a straight course to Samothrace, and the day following to Neapolis; 12 and from there to Philippi, which is a city of Macedonia, the foremost of the district, a Roman colony. We were staying some days in this city.

13 On the Sabbath day we went outside of the city by a riverside, where we supposed there was a place of prayer, and we sat down and spoke to the women who had come together. 14 A certain woman named Lydia, a seller of purple, of the city of Thyatira, one who worshiped God, heard us. The Lord opened her heart to listen to the things which were spoken by Paul. 15 When she and her household were baptized, she begged us, saying, "If you have judged me to be faithful to the Lord, come into my house and stay." So she persuaded us.

16 As we were going to prayer, a certain girl having a spirit of divination met us, who brought her masters much gain by fortune telling. 17 Following Paul and us, she cried out, "These men are servants of the Most High God, who proclaim to us a way of salvation!"