Roupas

5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.


12 Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.


21 En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.


7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.


25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe -- wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam -- wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?


9 So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,

10 maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.


15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.


7 Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.

8 Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.


26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.


10 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel -- soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.


3 Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,

4 maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.


4 En hy, Johannes, het 'n kleed gedra van kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.