1WEE jou, verwoester, wat self nie verwoes is nie, en troubreker teen wie nie troueloos gehandel is nie! As jy klaar is met verwoes, sal jy verwoes word; en as jy klaar is met troubreuk, sal hulle troueloos teen jou handel.
7Kyk, die helde skreeu daarbuite, die boodskappers van vrede ween bitterlik.
18Jou hart sal die deurgestane verskrikking oordink en sê: Waar is hy wat getel het? Waar is hy wat geweeg het? Waar is hy wat die torings opgeskryf het?
20En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.
23Wat is makliker, om te sê: Jou sondes is jou vergewe; of om te sê: Staan op en loop?
24Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe — sê Hy vir die verlamde man: Ek sê vir jou, staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
10En wat sal ons nou ná hierdie dinge sê, onse God? Want ons het u gebooie verlaat
13En ná alles wat oor ons gekom het vanweë ons slegte dade en ons groot skuld — want U, onse God, het ons minder toegereken as wat ons ongeregtighede verdien het, en aan ons nog soveel vrygeraaktes gegee —
14sal ons weer u gebooie verbreek en ons verswaer met hierdie gruwelike volke? Sal U nie op ons vertoorn wees, totdat ons vernietig is, sodat daar geen oorblyfsel of vrygeraakte meer is nie?
2En as julle na die geveg kom, moet die priester nader kom en die volk toespreek;
4want dit is die Here julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee.
14net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is — die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat die Here jou God jou gegee het.
7En Esra het die Here, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die Here aanbid met die aangesig na die aarde toe.
8En Jésua en Bani en Serébja, Jamin, Akkub, Sábbetai, Hodía, Maäséja, Kelíta, Asárja, Jósabad, Hanan, Pelája en die Leviete het die volk in die wet onderrig, onderwyl die volk op hulle plek bly staan.
10Daarop het Nehemía — hy was die goewerneur — en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Leviete wat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan die Here julle God; treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween toe hulle die woorde van die wet hoor.
9En op die agtste dag het hulle 'n feestyd gehou, want die inwyding van die altaar het hulle sewe dae lank gevier en die fees sewe dae lank.
15Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.
21En hierdie huis wat so hoog was — elkeen wat daarlangs verbygaan, sal verstom staan en vra: Waarom het die Here so gedoen met hierdie land en met hierdie huis?
4Daarop het die manskappe die volgende dag vroeg klaargemaak en daar 'n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring.
7Wat kan ons doen vir hulle wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want ons het by die Here gesweer dat ons nie van ons dogters aan hulle as vroue sal gee nie.
16Toe sê die oudstes van die vergadering: Wat kan ons doen vir die wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want die vroue was uit Benjamin verdelg.
1WEE Áriël, Áriël, stad waar Dawid laer opgeslaan het! Voeg jaar by jaar; laat die feeste hulle kringloop volbring —
9Vertoef, en verwonder julle! Wees blind en verblind! Hulle is dronk, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterk drank nie.
16o Julle verkeerdheid! Of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie?