Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Kronieke 13

AFR53 · Afrikaans 1933/1953

Regering van Abía en sy oorlog teen Jeróbeam.

1 IN die agttiende jaar van koning Jeróbeam het Abía oor Juda koning geword.

2 Drie jaar het hy in geregeer; en die naam van sy moeder was Migája, die dogter van Úriël uit Gíbea. En daar was oorlog tussen Abía en Jeróbeam.

3 En Abía het die oorlog begin met 'n leër van dapper krygsmanne, vierhonderdduisend jong manskappe; en Jeróbeam het hom in slagorde teen hom opgestel met agthonderdduisend jong manskappe, dapper helde.

4 Toe gaan Abía bo-op die berg Semaráim staan wat in die gebergte van Efraim is, en sê: Luister na my, Jeróbeam en die hele Israel!

5 Behoort julle nie te weet dat die Here, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as 'n soutverbond nie?

6 Maar Jeróbeam, die seun van , die dienaar van Salomo, die seun van Dawid, het opgestaan en teen sy heer gerebelleer.

7 En ligsinnige manne, deugniete, het by hom vergader en hulle versit teen Rehábeam, die seun van Salomo; en Rehábeam was jonk en week van hart, sodat hy hulle geen teëstand kon bied nie.

8 En nou dink julle om teëstand te bied aan die koningskap van die Here in die hand van die seuns van Dawid, omdat julle 'n groot menigte is en daar goue kalwers by julle is wat Jeróbeam vir julle as gode gemaak het.

9 Het julle nie die priesters van die Here, die seuns van Aäron, en die Leviete verdrywe en vir julle priesters gemaak soos die volke van die lande nie? Elkeen wat kom met 'n jong bul en sewe ramme om hom te laat aanstel, dié het priester geword van die wat geen gode is nie.

10 Maar ons — die Here is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron die Here, en die Leviete is in die dienswerk.

11 En hulle steek brandoffers vir die Here aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die Here onse God, maar júlle het Hom verlaat.

12 En kyk, by ons is God aan die hoof en sy priesters met die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van , voer tog nie oorlog teen die Here, die God van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie.

13 Maar Jeróbeam het die hinderlaag laat omtrek om hulle van agter by te kom, sodat hulle voor Juda was en die hinderlaag agter hulle.

14 En toe Juda omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het die Here aangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas.

15 Daarop hef die manskappe van Juda 'n krygsgeskreeu aan; en toe die manskappe van Juda die krygsgeskreeu aanhef, het God Jeróbeam en die hele Israel voor Abía en Juda verslaan.

16 En die kinders van Israel het gevlug vir Juda, en God het hulle in hul hand gegee.

17 En Abía met sy manskappe het 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat van Israel vyfhonderdduisend jong manskappe as gesneuweldes geval het.

18 En die kinders van is in dié tyd verneder, maar die kinders van het sterk geword, omdat hulle op die Here, die God van hulle vaders, gesteun het.

19 En Abía het Jeróbeam agternagejaag en stede van hom afgeneem: met sy onderhorige plekke, en Jesána met sy onderhorige plekke, en Efron met sy onderhorige plekke.

20 En Jeróbeam het geen krag meer behou in die dae van Abía nie, en die Here het hom swaar getref, sodat hy gesterf het.

21 Maar Abía het hom versterk; en hy het vir hom veertien vroue geneem en die vader van twee-en-twintig seuns en sestien dogters geword.

22 En die verdere geskiedenis van Abía, sy weë en sy woorde, is beskrywe in die Uitleg van die profeet Iddo.

Lugar Bíblico
Cidade / Povoado
Jerusalém
Hoje: Jerusalém, Israel
יְרוּשָׁלִַ֫םyerushalaimἹερουσαλήμHierousalēm
Jerusalém é a cidade do templo de Deus, onde moraram filhos de Judá e de Benjamim; o exército babilônio derrubou os muros da cidade (2 Reis 25:10).
31,78° N, 35,23° L
Citado em 955 versículos
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Efraim
Nebate
נְבָטnəvat
Nebate foi o pai de Jeroboão, oficial de Salomão que se rebelou contra o rei e depois reinou sobre Israel; a mãe de Jeroboão era Zerua, viúva (1 Reis 11:26).
Citado em 24 versículos
Ver página completa
Pessoa
H3290
Jacó
יַעֲקֹ֑בyaaqovΙακωβIakob
Jacó, filho de Isaque, comprou de Esaú o direito de primogenitura, lutou com Deus em Peniel e recebeu o nome Israel; seus doze filhos deram origem às tribos (Gênesis 32:28).
Significado: “Aquele que segura pelo calcanhar (suplantador)”
Ver página completa
Pessoa
H3290
Jacó
יַעֲקֹ֑בyaaqovΙακωβIakob
Jacó, filho de Isaque, comprou de Esaú o direito de primogenitura, lutou com Deus em Peniel e recebeu o nome Israel; seus doze filhos deram origem às tribos (Gênesis 32:28).
Significado: “Aquele que segura pelo calcanhar (suplantador)”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Judá
Judá
יְהוּדָהyəhudahΙουδαIouda
Judá, quarto filho de Jacó e Lia, propôs vender José em vez de matá-lo, teve Perez e Zerá com Tamar e recebeu do pai a bênção do cetro (Gênesis 49:10).
Significado: “Louvado seja o Senhor”
Ver página completa
Lugar Bíblico
Cidade / Povoado
Betel
Hoje: Beitin (Betel)
בֵּֽיתְ־אֵלbet-el
Betel é a cidade antes chamada Luz, onde Deus se revelou a um homem que fugia do irmão e onde foi construído um altar; ali também foi posto um bezerro (Gênesis 35:7).
31,92° N, 35,24° L
Citado em 69 versículos
Ver página completa

WLC · Westminster Leningrad Codex

1 בִּשְׁנַ֛ת שְׁמוֹנֶ֥ה עֶשְׂרֵ֖ה לַמֶּ֣לֶךְ יָרָבְעָ֑ם וַיִּמְלֹ֥ךְ אֲבִיָּ֖ה עַל־יְהוּדָֽה׃ 2 שָׁל֣וֹשׁ שָׁנִ֗ים מָלַךְ֙ בִּיר֣וּשָׁלִַ֔ם וְשֵׁ֣ם אִמּ֔וֹ מִיכָיָ֥הוּ בַת־אוּרִיאֵ֖ל מִן־גִּבְעָ֑ה וּמִלְחָמָ֥ה הָיְתָ֛ה בֵּ֥ין אֲבִיָּ֖ה וּבֵ֥ין יָרָבְעָֽם׃ 3 וַיֶּאְסֹ֨ר אֲבִיָּ֜ה אֶת־הַמִּלְחָמָ֗ה בְּחַ֨יִל֙ גִּבּוֹרֵ֣י מִלְחָמָ֔ה אַרְבַּע־מֵא֥וֹת אֶ֖לֶף אִ֣ישׁ בָּח֑וּר ס וְיָרָבְעָ֗ם עָרַ֤ךְ עִמּוֹ֙ מִלְחָמָ֔ה בִּשְׁמוֹנֶ֨ה מֵא֥וֹת אֶ֛לֶף אִ֥ישׁ בָּח֖וּר גִּבּ֥וֹר חָֽיִל׃ ס 4 וַיָּ֣קָם אֲבִיָּ֗ה מֵעַל֙ לְהַ֣ר צְמָרַ֔יִם אֲשֶׁ֖ר בְּהַ֣ר אֶפְרָ֑יִם וַיֹּ֕אמֶר שְׁמָע֖וּנִי יָרָבְעָ֥ם וְכָל־יִשְׂרָאֵֽל׃ 5 הֲלֹ֤א לָכֶם֙ לָדַ֔עַת כִּ֞י יְהוָ֣ה ׀ אֱלֹהֵ֣י יִשְׂרָאֵ֗ל נָתַ֨ן מַמְלָכָ֧ה לְדָוִ֛יד עַל־יִשְׂרָאֵ֖ל לְעוֹלָ֑ם ל֥וֹ וּלְבָנָ֖יו בְּרִ֥ית מֶֽלַח׃ ס 6 וַיָּ֨קָם֙ יָרָבְעָ֣ם בֶּן־נְבָ֔ט עֶ֖בֶד שְׁלֹמֹ֣ה בֶן־דָּוִ֑יד וַיִּמְרֹ֖ד עַל־אֲדֹנָֽיו׃ 7 וַיִּקָּבְצ֣וּ עָלָ֗יו אֲנָשִׁ֤ים רֵקִים֙ בְּנֵ֣י בְלִיַּ֔עַל וַיִּֽתְאַמְּצ֖וּ עַל־רְחַבְעָ֣ם בֶּן־שְׁלֹמֹ֑ה וּרְחַבְעָ֗ם הָ֤יָה נַ֨עַר֙ וְרַךְ־לֵבָ֔ב וְלֹ֥א הִתְחַזַּ֖ק לִפְנֵיהֶֽם׃ 8 וְעַתָּ֣ה ׀ אַתֶּ֣ם אֹֽמְרִ֗ים לְהִתְחַזֵּק֙ לִפְנֵי֙ מַמְלֶ֣כֶת יְהוָ֔ה בְּיַ֖ד בְּנֵ֣י דָוִ֑יד וְאַתֶּם֙ הָמ֣וֹן רָ֔ב וְעִמָּכֶם֙ עֶגְלֵ֣י זָהָ֔ב אֲשֶׁ֨ר עָשָׂ֥ה לָכֶ֛ם יָרָבְעָ֖ם לֵאלֹהִֽים׃ 9 הֲלֹ֤א הִדַּחְתֶּם֙ אֶת־כֹּהֲנֵ֣י יְהוָ֔ה אֶת־בְּנֵ֥י אַהֲרֹ֖ן וְהַלְוִיִּ֑ם וַתַּעֲשׂ֨וּ לָכֶ֤ם כֹּהֲנִים֙ כְּעַמֵּ֣י הָאֲרָצ֔וֹת כָּל־הַבָּ֗א לְמַלֵּ֨א יָד֜וֹ בְּפַ֤ר בֶּן־בָּקָר֙ וְאֵילִ֣ם שִׁבְעָ֔ה וְהָיָ֥ה כֹהֵ֖ן לְלֹ֥א אֱלֹהִֽים׃ ס 10 וַאֲנַ֛חְנוּ יְהוָ֥ה אֱלֹהֵ֖ינוּ וְלֹ֣א עֲזַבְנֻ֑הוּ וְכֹ֨הֲנִ֜ים מְשָׁרְתִ֤ים לַֽיהוָה֙ בְּנֵ֣י אַהֲרֹ֔ן וְהַלְוִיִּ֖ם בַּמְלָֽאכֶת׃ 11 וּמַקְטִרִ֣ים לַיהוָ֡ה עֹל֣וֹת בַּבֹּֽקֶר־בַּבֹּ֣קֶר וּבָעֶֽרֶב־בָּעֶ֣רֶב וּקְטֹֽרֶת־סַמִּים֩ וּמַעֲרֶ֨כֶת לֶ֜חֶם עַל־הַשֻּׁלְחָ֣ן הַטָּה֗וֹר וּמְנוֹרַ֨ת הַזָּהָ֤ב וְנֵרֹתֶ֨יהָ֙ לְבָעֵר֙ בָּעֶ֣רֶב בָּעֶ֔רֶב כִּֽי־שֹׁמְרִ֣ים אֲנַ֔חְנוּ אֶת־מִשְׁמֶ֖רֶת יְהוָ֣ה אֱלֹהֵ֑ינוּ וְאַתֶּ֖ם עֲזַבְתֶּ֥ם אֹתֽוֹ׃ 12 וְהִנֵּה֩ עִמָּ֨נוּ בָרֹ֜אשׁ הָאֱלֹהִ֧ים ׀ וְכֹהֲנָ֛יו וַחֲצֹצְר֥וֹת הַתְּרוּעָ֖ה לְהָרִ֣יעַ עֲלֵיכֶ֑ם בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֗ל אַל־תִּלָּֽחֲמ֛וּ עִם־יְהוָ֥ה אֱלֹהֵֽי־אֲבֹתֵיכֶ֖ם כִּי־לֹ֥א תַצְלִֽיחוּ׃ 13 וְיָֽרָבְעָ֗ם הֵסֵב֙ אֶת־הַמַּאְרָ֔ב לָב֖וֹא מֵֽאַחֲרֵיהֶ֑ם וַיִּֽהְיוּ֙ לִפְנֵ֣י יְהוּדָ֔ה וְהַמַּאְרָ֖ב מֵאַחֲרֵיהֶֽם׃ 14 וַיִּפְנ֣וּ יְהוּדָ֗ה וְהִנֵּ֨ה לָהֶ֤ם הַמִּלְחָמָה֙ פָּנִ֣ים וְאָח֔וֹר וַֽיִּצְעֲק֖וּ לַיהוָ֑ה וְהַכֹּ֣הֲנִ֔ים מחצצרים בַּחֲצֹצְרֽוֹת׃ 15 וַיָּרִ֖יעוּ אִ֣ישׁ יְהוּדָ֑ה וַיְהִ֗י בְּהָרִ֨יעַ֙ אִ֣ישׁ יְהוּדָ֔ה וְהָאֱלֹהִ֗ים נָגַ֤ף אֶת־יָֽרָבְעָם֙ וְכָל־יִשְׂרָאֵ֔ל לִפְנֵ֥י אֲבִיָּ֖ה וִיהוּדָֽה׃ 16 וַיָּנ֥וּסוּ בְנֵי־יִשְׂרָאֵ֖ל מִפְּנֵ֣י יְהוּדָ֑ה וַיִּתְּנֵ֥ם אֱלֹהִ֖ים בְּיָדָֽם׃ 17 וַיַּכּ֥וּ בָהֶ֛ם אֲבִיָּ֥ה וְעַמּ֖וֹ מַכָּ֣ה רַבָּ֑ה וַיִּפְּל֤וּ חֲלָלִים֙ מִיִּשְׂרָאֵ֔ל חֲמֵשׁ־מֵא֥וֹת אֶ֖לֶף אִ֥ישׁ בָּחֽוּר׃ 18 וַיִּכָּנְע֥וּ בְנֵי־יִשְׂרָאֵ֖ל בָּעֵ֣ת הַהִ֑יא וַיֶּֽאֶמְצוּ֙ בְּנֵ֣י יְהוּדָ֔ה כִּ֣י נִשְׁעֲנ֔וּ עַל־יְהוָ֖ה אֱלֹהֵ֥י אֲבוֹתֵיהֶֽם׃ 19 וַיִּרְדֹּ֣ף אֲבִיָּה֮ אַחֲרֵ֣י יָרָבְעָם֒ וַיִּלְכֹּ֤ד מִמֶּ֨נּוּ֙ עָרִ֔ים אֶת־בֵּֽית־אֵל֙ וְאֶת־בְּנוֹתֶ֔יהָ וְאֶת־יְשָׁנָ֖ה וְאֶת־בְּנוֹתֶ֑יהָ וְאֶת־עפרון וּבְנֹתֶֽיהָ׃ 20 וְלֹֽא־עָצַ֧ר כֹּֽחַ־יָרָבְעָ֛ם ע֖וֹד בִּימֵ֣י אֲבִיָּ֑הוּ וַיִּגְּפֵ֥הוּ יְהוָ֖ה וַיָּמֹֽת׃ פ 21 וַיִּתְחַזֵּ֣ק אֲבִיָּ֔הוּ וַיִּ֨שָּׂא־ל֔וֹ נָשִׁ֖ים אַרְבַּ֣ע עֶשְׂרֵ֑ה וַיּ֗וֹלֶד עֶשְׂרִ֤ים וּשְׁנַ֨יִם֙ בָּנִ֔ים וְשֵׁ֥שׁ עֶשְׂרֵ֖ה בָּנֽוֹת׃ ס 22 וְיֶ֨תֶר֙ דִּבְרֵ֣י אֲבִיָּ֔ה וּדְרָכָ֖יו וּדְבָרָ֑יו כְּתוּבִ֕ים בְּמִדְרַ֖שׁ הַנָּבִ֥יא עִדּֽוֹ׃ 23 וַיִּשְׁכַּ֨ב אֲבִיָּ֜ה עִם־אֲבֹתָ֗יו וַיִּקְבְּר֤וּ אֹתוֹ֙ בְּעִ֣יר דָּוִ֔יד וַיִּמְלֹ֛ךְ אָסָ֥א בְנ֖וֹ תַּחְתָּ֑יו בְּיָמָ֛יו שָׁקְטָ֥ה הָאָ֖רֶץ עֶ֥שֶׂר שָׁנִֽים׃ פ

Todos os capítulos de 2 Kronieke 36
  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Estes versículos te tocaram? Ore agora!

+581 estão orando agora.

Junte-se à corrente de oração.