Pular para o conteúdo
Publicidade

I JOHANNES 1

God is lig. Hy wat in die lig nie wandel nie, het geen gemeenskap met Hom nie.

5 EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

6 As ons dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

Veja também