Pular para o conteúdo
Publicidade

I KONINGS 5

13 Verder het koning Salomo uit die hele Israel die dwangarbeiders laat opkom, sodat die dwangarbeiders dertigduisend man was.

14 En hy het hulle gestuur na die Líbanon, tienduisend elke maand by beurte; een maand was hulle op die Líbanon, twee maande tuis; en Adoníram was oor die dwangarbeid.

15 Salomo het ook sewentigduisend draers en tagtigduisend klipkappers op die gebergte gehad,

16 behalwe die hoofopsigters van Salomo wat oor die werk was, drieduisend-driehonderd wat bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen.

Veja também