Pular para o conteúdo
Publicidade

II SAMUEL 5

Dawid word deur al die stamme as koning erken. Hy neem Jerusalem in en verslaan die Filistyne.

1 TOE kom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en : Hier is ons, u been en u vlees is ons!

2 Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was, het ú Israel uit- en ingelei; en die Here het aan u gesê: moet my volk Israel oppas, en moet 'n vors wees oor Israel.

3 So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle 'n verbond in Hebron gesluit voor die aangesig van die Here, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.

Veja também