Pular para o conteúdo
Publicidade

II TIMÓTHEÜS 3

Verskriklike verdorwenheid van die laaste dae.

1 MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.

2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,

3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,

4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;

5 mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

Estes versículos te tocaram? Ore agora!

+581 estão orando agora.

Junte-se à corrente de oração.

Veja também

2 Timóteo
Ver todos os capítulos de 2 Timóteo