Pular para o conteúdo
Publicidade

Openbaring 7

Die getroue Israeliete uit ontsaglike gevare gered.

1 EN ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.

2 En ek het 'n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met 'n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig

3 en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.

4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd-vier-en-veertigduisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van —

5 uit die stam van Juda twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalfduisend verseëldes; uit die stam van twaalfduisend verseëldes;

6 uit die stam van twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalfduisend verseëldes;

7 uit die stam van Símeon twaalfduisend verseëldes; uit die stam van twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Íssaskar twaalfduisend verseëldes;

8 uit die stam van Sébulon twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalfduisend verseëldes; uit die stam van twaalfduisend verseëldes.

Gesig van die martelare in die heerlikheid.

9 NÁ hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

10 en hulle het met 'n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!

11 En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid

12 en gesê: Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen.

13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?

14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.

16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie;

17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.

Pessoa
H3290
Jacó
ΙακωβIakobיַעֲקֹ֑בyaaqov
Jacó, filho de Isaque, comprou de Esaú o direito de primogenitura, lutou com Deus em Peniel e recebeu o nome Israel; seus doze filhos deram origem às tribos (Gênesis 32:28).
Significado: “Aquele que segura pelo calcanhar (suplantador)”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Gade
Gade
ΓαδGadגָּֽדgad
Gade, filho de Jacó e de Zilpa, a serva de Lia, deu origem à tribo de Gade, que recebeu terras a leste do Jordão (Gênesis 30:11).
Significado: “Boa ventura, tropa”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Aser
Aser
ΑσηρAsērאָשֵֽׁרasher
Aser, filho de Jacó e de Zilpa, a serva de Lia, deu origem à tribo de Aser, abençoada por Jacó com pão farto (Gênesis 49:20).
Significado: “Feliz, bem-aventurado”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Levi
Levi
ΛευιLeviלֵוִֽיlevi
Levi, terceiro filho de Jacó e Lia, vingou com Simeão a violação da irmã Diná em Siquém; seus descendentes, os levitas, foram separados para o serviço do santuário (Gênesis 34:25).
Significado: “Unido, ligado”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Benjamim
Benjamim
ΒενιαμινBeniaminבִנְיָמִֽיןbinəyamiyn
Benjamim, o filho mais novo de Jacó, nasceu de Raquel, que morreu no parto e o chamou Benoni; deu origem à tribo de Benjamim (Gênesis 35:18).
Significado: “Filho da mão direita”
Ver página completa
Todos os capítulos de Openbaring 22
  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Estes versículos te tocaram? Ore agora!

+581 estão orando agora.

Junte-se à corrente de oração.