Bárnabas en Paulus word deur die gemeente van Antiochíë na die heidene gestuur. Hulle prediking op Ciprus. Élimas die towenaar.
1 EN daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete en leraars, naamlik Bárnabas en Símeon wat Niger genoem word, en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes, die viervors, grootgeword het, en Saulus.
2 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
3 En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.