12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.
13 Jy mag nie doodslaan nie.
14 Jy mag nie egbreek nie.
15 Jy mag nie steel nie.
16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.