Pular para o conteúdo
Publicidade

Jesaja 35

Grootheid en heerlikheid van die regering van die Messías.

1 DIE woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos 'n narsing;

2 dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en ; hulle dáár sal sien die heerlikheid van die Here, die sieraad van onse God.

3 Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas.

4 Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.

5 Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word.

6 Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.

7 En die gloeiende grond sal 'n waterplas word, en die dorsland fonteine van water; in die plek van die jakkalse waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biesies.

8 En dáár sal 'n grootpad wees en 'n weg wat die heilige weg genoem sal word; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir húlle sal dit wees; wie die weg bewandel — selfs die dwase sal nie dwaal nie.

9 Dáár sal geen leeu wees nie, en geen verskeurende dier sal daarop kom of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel;

10 en die losgekooptes van die Here sal teruggaan en na kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.

Lugar Bíblico
Região / Território
Sarom
Hoje: Planície de Sarom, Israel
שָׁרוֹןsharonΣάρωνSarōn
32,40° N, 34,88° L
Citado em 6 versículos
Ver página completa
Lugar Bíblico
Cidade / Povoado
Sião
Hoje: Jerusalém, Israel
צִיּוֹןtsiyyonΣιώνSiōn
31,78° N, 35,23° L
Citado em 148 versículosTb.: Jerusalém
Ver página completa
Todos os capítulos de Jesaja 66
  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Estes versículos te tocaram? Ore agora!

+581 estão orando agora.

Junte-se à corrente de oração.