Pular para o conteúdo
Publicidade

Johannes 2

Jesus verander water in wyn op die bruilof in Kana.

1 EN op die derde dag was daar 'n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar.

2 En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi.

3 En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.

4 Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie.

5 Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.

6 En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.

7 Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water En hulle het hul tot bo toe volgemaak.

8 En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar. En hulle het dit gebring.

9 En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het — en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet — roep die hoofdienaar die bruidegom

10 en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.

11 Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.

Estes versículos te tocaram? Ore agora!

+581 estão orando agora.

Junte-se à corrente de oração.

Veja também