Jesus onderrig Nikodémus aangaande die wedergeboorte.
1 EN daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, 'n owerste van die Jode.
2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.