Pular para o conteúdo
Publicidade

Johannes 5

Genesing van die siek man in Betésda.

1 HIERNA was daar 'n fees van die Jode, en het opgegaan na .

2 En daar is in by die Skaapspoort 'n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word.

3 Daarin het 'n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het.

4 Want 'n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.

5 En 'n sekere man was daar, wat agt-en-dertig jaar aan sy siekte gely het.

6 Toe hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al 'n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?

7 Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in.

8  sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop.

9 En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat.

10 Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.

11 Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.

12 Toe vra hulle hom: Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en loop?

13 Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie; want het Hom verwyder, omdat daar 'n skare op die plek was.

14 Daarna het hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.

15 Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit was wat hom gesond gemaak het.

Jesus verklaar dat Hy die Seun van God is, een met die Vader.

16 EN hieroor het die Jode vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het.

17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.

18 Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het.

19  het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so.

20 Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.

21 Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.

22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,

23 sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.

24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.

26 Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.

27 En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.

28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor

29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

31 As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.

32 Daar is 'n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.

33 Julle het na Johannes gestuur, en hy het vir die waarheid getuig.

34 Maar Ek neem die getuienis van 'n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle gered kan word.

35 Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om julle vir 'n tyd in sy lig te verbly.

36 Maar Ek het 'n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.

37 En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.

38 En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie.

39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

40 En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.

41 Eer neem Ek van die mense nie aan nie.

42 Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.

43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.

44 Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?

45 Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig — op wie julle gehoop het.

46 Maar as julle geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe.

47 En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?

Pessoa
Tribo de Judá
Jesus
ἸησοῦςIēsoûsיֵשׁוּעַyeshua
Jesus, o Cristo, Filho de Deus, nasceu de Maria em Belém, anunciou o reino de Deus, morreu crucificado sob Pôncio Pilatos e ressuscitou ao terceiro dia (Mateus 1:16).
Significado: “O Senhor salva”
Ver página completa
Lugar Bíblico
Cidade / Povoado
Jerusalém
Hoje: Jerusalém, Israel
ἹερουσαλήμHierousalēmיְרוּשָׁלִַ֫םyerushalaim
31,78° N, 35,23° L
Citado em 955 versículos

Tribo de Levi
Moisés
ΜωϋσῆςMōüsē͂sמֹשֶׁ֔הmosheh
Moisés, levita criado pela filha do faraó, foi chamado por Deus na sarça ardente, tirou Israel da escravidão do Egito e recebeu a lei no monte Sinai (Êxodo 3:4).
Significado: “Tirado das águas”

Todos os capítulos de Johannes 21
  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21

Estes versículos te tocaram? Ore agora!

+581 estão orando agora.

Junte-se à corrente de oração.