Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremia 18

2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor.

3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om 'n stuk werk op die skywe te maak.

4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk — soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker — maar hy het daaruit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

5 Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:

6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die Here. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!

Estes versículos te tocaram? Ore agora!

+581 estão orando agora.

Junte-se à corrente de oração.

Veja também