Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 31

31 Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond sal sluit;

32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die Here.

33 Maar dit is die verbond wat Ek dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die Here: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.

Veja também