Gelykenisse van die mosterdsaad en die suurdeeg.
18 EN Hy het gesê: Hoedanig is die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk?
19 Dit is soos 'n mosterdsaad wat 'n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en 'n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.