Pular para o conteúdo
Publicidade

LUKAS 9

Jesus stuur die twaalf apostels uit.

1 EN Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.

2 En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak

3 en vir hulle gesê: Neem niks vir die pad nie, geen stokke of reissak of brood of geld nie, en geeneen van julle moet twee kledingstukke nie.

4 En in watter huis julle ook mag ingaan, bly dáár en gaan dáárvandaan verder.

5 En almal wat julle nie ontvang nie as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die stof van julle voete af, tot 'n getuienis teen hulle.

6 En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.

Veja também