Pular para o conteúdo
Publicidade

Marcos 10

Die blinde man van Jérigo.

46 EN hulle het in Jérigo gekom. En toe Hy en sy dissipels en 'n aansienlike skare uit Jérigo uitgaan, sit die blinde man, Bartiméüs, die seun van Timéüs, langs die pad en bedel.

47 En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasaréner was, begin hy om uit te roep en te : Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!

48 En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!

49 Toe gaan Jesus staan en dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en vir hom: Hou goeie moed, staan op! Hy roep jou.

50 En hy gooi sy oorkleed af, staan op en kom na Jesus toe.

51 En Jesus antwoord en vir hom: Wat wil jy moet Ek vir jou doen? En die blinde man vir Hom: Rabboeni, dat ek mag sien.

52 En Jesus vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.

Veja também