Pular para o conteúdo
Publicidade

Marcos 7

Genesing van 'n doofstomme in Dekápolis.

31 EN Hy het weer uit die gebied van Tirus en Sidon vertrek en na die see van Galiléa gegaan, deur die gebied van Dekápolis.

32 Toe bring hulle na Hom 'n dowe wat swaar praat, en smeek Hom om hom die hande op te .

33 En Hy neem hom opsy, weg van die skare, en steek sy vingers in sy ore, en spuug en raak sy tong aan;

34 en nadat Hy opgekyk het na die hemel, sug Hy en aan hom: Éffata, dit is: Gaan oop!

35 En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat.

36 En Hy het hulle beveel om dit aan niemand te nie; maar hoe meer Hy hulle dit beveel, hoe meer hulle dit verkondig.

37 En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.

Veja também