Pular para o conteúdo
Publicidade

Marcos 8

Tweede vermeerdering van die brode.

1 IN dié dae toe daar 'n baie groot menigte was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Jesus sy dissipels na Hom geroep en vir hulle gesê:

2 Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie.

3 En as Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op die pad beswyk, want sommige van hulle kom van ver.

4 En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal 'n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?

5 Toe vra Hy hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle : Sewe.

6 En Hy gee aan die skare bevel om op die grond te gaan sit; daarop neem Hy die sewe brode, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels om dit voor te sit; en hulle sit dit aan die skare voor.

7 Hulle het ook 'n paar vissies gehad; en nadat Hy gedank het, Hy dat hulle dit ook moet voorsit.

8 En hulle het geëet en versadig geword en die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.

9 En die wat geëet het, was omtrent vierduisend. En Hy het hulle weggestuur.

Veja também