Pular para o conteúdo
Publicidade

Mateus 13

Gelykenis van die verborge skat, van die pêrel en van die visnet.

44 VERDER is die koninkryk van die hemele soos 'n skat wat verborge is in die saailand, wat 'n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.

45 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n koopman wat mooi pêrels soek;

46 en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.

Veja também