Pular para o conteúdo
Publicidade

Mateus 17

Verheerliking van Jesus op die berg.

1 EN ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op 'n hoë berg in die eensaamheid gebring.

2 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.

3 En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.

4 Toe begin Petrus vir Jesus te : Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía.

5 Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!

Veja também