Pular para o conteúdo
Publicidade

Mateus 17

'n Maansieke kind gesond gemaak.

14 EN toe hulle by die skare kom, gaan daar 'n man na Hom en val voor Hom op die knieë en :

15 Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water.

16 En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.

17 Toe antwoord Jesus en : o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My.

18 Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.

Veja também