Publicidade

Provérbios 1

Inleiding.

1 DIE spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,

2 om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,

3 om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;

4 om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;

5 laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,

6 om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.

Standvastigheid teen versoeking in die vrees van die Here.

7 DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_19-25-13-