Pular para o conteúdo
Publicidade

Provérbios 2

Die waarde van wysheid.

1 MY seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,

2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

3 ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,

4 as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,

5 dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind

6 (want die Here gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,

Veja também