Pular para o conteúdo
Publicidade

Romeine 5

Versoening met God en vrede deur die geloof.

1 OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;

2 deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.

3 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,

4 en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;

5 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

6 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.

7 Want nouliks sal iemand vir 'n regverdige sterwe — vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe —

8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.

10 Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.

11 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.

Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom, deur een mens ook die geregtigheid en die lewe.

12 DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het —

13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.

14 Tog het die dood geheers van af tot op , ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom.

15 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Christus, vir baie oorvloedig geword.

16 En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.

17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Christus.

18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.

19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.

20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword;

21 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Christus, onse Here.

Pessoa
H121
Adão
ἈδάμAdamאָדָםadam
Adão, o primeiro homem, foi formado por Deus do pó da terra e posto no jardim do Éden; desobedeceu com Eva e foi expulso do jardim (Gênesis 3:17).
Significado: “Homem, da terra vermelha”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Levi
Moisés
ΜωϋσῆςMōüsē͂sמֹשֶׁ֔הmosheh
Moisés, levita criado pela filha do faraó, foi chamado por Deus na sarça ardente, tirou Israel da escravidão do Egito e recebeu a lei no monte Sinai (Êxodo 3:4).
Significado: “Tirado das águas”
Ver página completa
Pessoa
H121
Adão
ἈδάμAdamאָדָםadam
Adão, o primeiro homem, foi formado por Deus do pó da terra e posto no jardim do Éden; desobedeceu com Eva e foi expulso do jardim (Gênesis 3:17).
Significado: “Homem, da terra vermelha”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Judá
Jesus
ἸησοῦςIēsoûsיֵשׁוּעַyeshua
Jesus, o Cristo, Filho de Deus, nasceu de Maria em Belém, anunciou o reino de Deus, morreu crucificado sob Pôncio Pilatos e ressuscitou ao terceiro dia (Mateus 1:16).
Significado: “O Senhor salva”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Judá
Jesus
ἸησοῦςIēsoûsיֵשׁוּעַyeshua
Jesus, o Cristo, Filho de Deus, nasceu de Maria em Belém, anunciou o reino de Deus, morreu crucificado sob Pôncio Pilatos e ressuscitou ao terceiro dia (Mateus 1:16).
Significado: “O Senhor salva”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Judá
Jesus
ἸησοῦςIēsoûsיֵשׁוּעַyeshua
Jesus, o Cristo, Filho de Deus, nasceu de Maria em Belém, anunciou o reino de Deus, morreu crucificado sob Pôncio Pilatos e ressuscitou ao terceiro dia (Mateus 1:16).
Significado: “O Senhor salva”
Ver página completa
Todos os capítulos de Romeine 16
  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Estes versículos te tocaram? Ore agora!

+581 estão orando agora.

Junte-se à corrente de oração.