5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
7 Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie —
8 so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.