Pular para o conteúdo
Publicidade

Tiago 4

Onsekerheid van menslike planne.

13 KOM nou, julle wat : Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak

14 julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 'n damp wat vir 'n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.

15 In plaas dat julle : As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.

16 Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.

17 Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.

Veja também